Floyd Shivambu en die rondomtalie
Redi Direko het ‘n amusante onderhoud met Floyd Shivambu (woordvoerder van die ANC-jeugliga) gevoer waarin sy herhaaldelik by hom probeer uitvind wat die ANC-jeugliga bedoel het toe hulle verklaar het dat Helen Zille rondslaap tussen haar provinsiale ministers. Hoe meer Direko die eenvoudige vraag: “what does it mean” aan Shivambu rig, hoe meer herhaal hy sy bespotlike antwoord: “Sleeping around means sleeping around”. Dis skreeusnaaks (en effens onheilspellend as dit ‘n aanduiding van die plaaslike jeug se kapasiteit is om krities te dink):
(Hat tip: Seth Rotherham)


Ek gaan onvanpaste taal gebruik as ek verder iets sê. Dit het my wel baie laat lag, baie!
Reply
Gaan kyk bietjie hoeveel ondersteuning geniet hierdie Narre op Facebook. I despair.
Roer se last bloginskrywing..Goed gemanierde boewe
Reply
Floyd Shivambu het sy naam met ‘n broodplank geslaan
Emil se last bloginskrywing..Mamma, ek wil ‘n Neanderdaller hê!
Reply
diebroodplank Reply:
May 19th, 2009 at 7:12 pm
hey, wat meen jy
Reply
Dit was snaaks! En besonder skrikwekkend!
Pagoda32 se last bloginskrywing..BBash Kompie – Vraag 5
Reply
Ai tog. En om te dink dat dit ‘n verteenwoordiger van die party wat meerdereid het in ons regering…
Dit behoort ‘n interressante 5 jaar te wees…
Reply
Wow… so ek gaan maar net ‘n bietjie gaan sleeping around… bbl…
Reply
Dit is baie snaaks. Ek onthou die E-news channel onderhoud met hom, waar hy gesê is om die bewyse op die tafel te lê, aangesien hulle nou die aantuigings gemaak het. En dit maak nie saak hoegveel keer sy hom gevra het nie, sy antwoord was elke keer – Hulle het genoegsame bewyse, maar Helen Zille moet dit onwaar bewys.
Hy was soos ‘n papegaai met ‘n rympie en dit sou moer snaaks gewees het as dit nie so sad was nie.
demoerin se last bloginskrywing..20 Mei…. “profound”
Reply
Huil ek van die lag? Of lag ek van die huil?
Reply
Floyd Shivambu weet miskien dat die woord "rondslaap" ook is genoem als die nuwe baba van die President van SA bekengestel is…..
Reply
haha, well spotted. dankie vir die kommentaar
Reply