My seun soek werk

Omdat ek in die bevoorregde (soms vervloekte) posisie is om ‘n werk en ‘n tesis te probeer balanseer en ek sommige dae in Kaapstad werk, is ek soms laat in die aand op die pad terug Stellenbosch toe. So het dit gebeur dat ek heel gereeld laataand-RSG begin luister het. Die laataand-program op Dinsdae, aangebied deur LiMari Louw, heet “Deurnag” en het die volgende skedule:

00:00 Nuus
00:02 Werksoek
01:00 Middagvervolgverhaal (herhaling)
01:15 Insimbi (herhaling)
01:30 Inbel en musiek
02:00 Bepeinsing (herhaling)
02:05 Taaltemmer (taalvasvrae)
03:00 U eie keuse (herhaling)
04:00 Musiek

Genadiglik is ek normaalweg darem voor 01:00 by die huis (eendag as ek groot is, sal ek inbel vir “Taaltemmer”), maar dis die 00:02-gleuf – “Werksoek” – wat elke aand my aandag trek.

Soos die naam suggereer, is dit ‘n segment waartydens mense kan inbel, SMS of e-pos om werk aan te bied of te soek. Die meeste inbellers soek (gewoonlik dringend) werk en dit breek my soms nogal om te hoor hoe desperaat hulle is.

Iets val ‘n mens later by.

Die meeste mense wat inbel, is nie werklose mense nie.

Dis hulle ma’s!

“Hallo, my naam is Tant X van Y en…ag…ek bel namens my seun / kleinseun. Hy soek dringend werk en hy is bereid om enigiets te doen.”

Waarop ‘n mens wil antwoord: “…soos om self die telefoon op te tel en te bel?”

Ek besef al te goed dat dit laag en gemeen is om te spot met mense wat nie werk het nie (ek beplan ook nie om dit te in hierdie inskrywing te doen nie, want ek dink regtig dis laakbaar). Maar wragtig – hoe op dees aarde verwag jy iemand moet vir jou werk gee as jy nie eers self die moeite wil doen om dit te soek nie?

Stuur hulle hul ma’s na die onderhoude ook?

Post to Twitter

This website uses IntenseDebate comments, but they are not currently loaded because either your browser doesn't support JavaScript, or they didn't load fast enough.

7 Responses to “My seun soek werk”

  1. Dan’s ek seker ook maar pateties, want dis pa wat aan my huidige werkgewer genoem het ek soek werk… :)

    Reply

  2. Waarskynlike situasie : Seun/kleinseun soek nie werk nie, maar ma/ouma is nou moeg daarvoor dat hy op haar onkoste leef.

    Pienk Zuit se last bloginskrywing..Die Redding

    Reply

    Lize Reply:

    Daarsy, ek stem saammet daai ene. Alhoewel, shame, darem seker nie almal nie :P

    Reply

  3. misschien is dit een verklaring voor het feit dat ze nog werkloos zijn? :o )

    Reply

  4. pienk zuit & scienex: sowaar! dalk het hy nie geld vir die oproep nie. dalk slaap hy. ma’s bly (planne maak om te) help; hulle sal met liefde die onderhoude ook nog doen, as dit sou help. maar dit sal nie. glad nie.

    Reply

  5. Dalk weet die outjie nie sy ma/ouma probeer help nie. Sou die situasie so deperaat wees, glo ek dit outjie probeer darem deur die dag werk soek. Dis mos net ma’s en ouma’s wat 00:02 in die nag nog wakker lê en bekommerd is oor (klein)kinders.

    Emil se last bloginskrywing..Google and Fossil Ida

    Reply

  6. Ja, safte outjies wat nie self werk soek nie, maar mamma soek vir hulle. Mens kannie sê dis met hulle álmál die geval nie, maar dis seker die algemene rede.

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled