Aangifte: vir almal wat skuim om die mond
Hoe meer navorsing ek vir my tesis doen, hoe meer dinge lees ek raak waaroor ek graag wil blog. Dit raak egter onprakties om oor alles te skryf sonder om in die strik te trap om lang lelle teks aan te haal – ‘n doodskoot vir enige inskrywing. Alles wat ek daarom raaklees en fassinerend, absurd of sommer net interessant vind, gaan ek dus voortaan by Aangifte (sien skakel bo-aan hierdie bladsy) plaas, sonder ‘n relaas oor hoekom dit my kielie. Vir die volgende paar weke behoort dit meestal aanhalings oor die geskiedenis en posisie van die pers te wees. As jy dit kan regkry om manies opgewonde oor hierdie klas inligting te raak (en ek meen, wie doen nie? Ek skuim sommer om die mond wanneer ek dit raaklees), kan jy Aangifte ook op Twitter volg.
Gogogo!



Wat beteken aangif?
Reply
aangifte. 1. Die aangee. 2. Verklaring, opgawe, bekendmaking. 3. Informasie. 4. Aanklag. 5. Inskrywing (wedstryd). aangifte doen van, kennis gee van; opgawe doen by die doeane.
ek hou daarvan, want dit klink ‘n bietjie soos aanhits en ‘n bietjie soos gif
Reply
“Ons moet die rotgif vir oom Naas gee.”
*freak johan uit*
Reply
Stefaan swarts Reply:
May 31st, 2009 at 3:08 am
*..moet eintlik die…
Reply