Blogtutoriaal #3 – Die installering van WordPress

Hierdie inskrywing is deel van 'n reeks oor self hosted blogging met WordPress

WordPress is bekend vir sy sogenaamde 5 minute install – die moeilikste deel van die installasie is trouens nie die WordPress-gedeelte nie! 'n Volledige tutoriaal is by die WordPress Codex beskikbaar; ek gaan 'n eenvoudiger weergawe hier dupliseer met toeligtende skermskote en ekstra inligting oor hoe om met 'n FTP-kliënt te werk. (As jy toegang tot 'n outomatiese installasiefunksie soos Fantastico het, slaan hierdie tutoriaal oor).

Maak seker jy het die volgende byderhand:

  1. Die nuutste weergawe van WordPress
  2. ‘n FTP-kliënt. Ek gebruik Filezilla vir hierdie tutoriaal.
  3. Jou webserver se login details

Die eenvoudigste installasieproses moontlik behels die volgende:

  1. Die skep van 'n MySQL-databasis
  2. Die oplaai van WordPress na jou webspasie
  3. Die WordPress setup-prosedure

1. Skep 'n MySQL-databasis

Teken in by jou webhost se control panel (vir die meeste webhosts behoort dit cPanel te wees, hoewel sommige maatskappye hul eie of ander sisteme gebruik) en soek vir 'n afdeling genaamd “Database”, “Databases” of iets in dier voege. Skep 'n nuwe databasis, gee dit 'n naam waaroor jy nie later spyt sal wees nie, voeg 'n gebruiker in en kies vir hom (of haar) 'n sterk wagwoord. Maak seker die gebruiker is opgestel om ALL PRIVILEGES vir die databasis te hê en maak 'n nota van die volgende besonderhede:

  1. Die databasis se naam
  2. Die gebruiker se naam
  3. Die gebruiker se wagwoord

2. FTP dat die spoeg spat

FTP is 'n akroniem vir File Transfer Protocol, 'n protokol wat gebruik word om leggers mee uit te ruil of te manipuleer oor TCP/IP-netwerke. (Die internet is een so 'n netwerk.) Jy gaan dit gebruik om WordPress na jou bediener te kopiëer.

Installeer FileZilla en hardloop dit:

filezilla

Voer die FTP-besonderhede (wat jou webhost waarskynlik via e-pos aangestuur het) by die teksvelde gemerk “host”, “username” en “password” in en klik op Quickconnect:

filezilla-met-pyltjies

“Host” behoort jou domeinnaam (joudomein.co.za) of jou domein met 'n ftp-prefiks (ftp.joudomein.co.za) te wees. (As jy die regte besonderhede ingevoer het en dit steeds weier om te konnekteer, verander “port” na 21.) Unzip WordPress, navigeer in FileZilla na die unzipped leggers en drag die inhoud na jou webserver se publieke root folder, wat “public_html”, “www”, “root”, “httpdocs”, “wwwroot”, “htdocs” of iets dergeliks behoort te heet.

filezilla-connected

Wag vir FileZilla om die oordrag te doen.

3. Installeer

Maak 'n webblaaier oop en voer die volgende adres in:

joudomein.co.za/wp-admin/install.php

Omdat ons met opset nie vooraf 'n wp-config.php legger geskep het nie, sal jy die volgende skerm te sien:

wordpress-error

Klik op “Create a Configuration File” om by hierdie skerm uit te kom:

wordpress-databasis

Verander Database Name na die naam van die databasis wat jy in Stap 1 geskep het, Username na die user wat jy vir daardie databasis geskep het en Password na die wagwoord wat jy daarvoor gegenereer het. Indien nodig, vervang ‘localhost’ in die Database Host-veld met die korrekte adres wat aan jou verskaf is (raadpleeg jou webhost se dokumentasie hieroor as jy onseker is). Ignoreer Table Prefix, behalwe as jy beplan om meer as een installasies in dieselfde databasis te maak (in welke geval dit sal deug om 'n beskrywende agtervoegsel by die wp_ te voeg – verkieslik nie wp_t3h0wnager0x0rz nie).

As jy op “Submit” klik en die besonderhede korrek ingevul is, sal jy die volgende boodskap sien:

wordpress-reg-om-te-installeer

Klik op “Run the install”…

wordpress-besonderhede

…Voer jou blog se titel en jou e-posadres in, klik op “Install WordPress” en siedaar – jy kan inteken in jou nuwe blog met die nuwe wagwoord wat aan jou verskaf is:

wordpress-voltooid

Klik op “Log In” of gaan na joudomein.co.za/wp-admin.

Geluk! Jy is die trotse eienaar van 'n WordPress installasie.

Ten slotte

Die bostaande proses is taamlik eenvoudig – al wat moontlik verwarring mag veroorsaak, is die verskillende gebruikersname en wagwoorde wat jy moet invoer. Onthou om te onderskei tussen jou FTP-besonderhede en dié van jou databasis.

In die volgende tutoriaal: Voorjaarskoonmaak.

This entry was posted in Blogging and tagged , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>