Sou dit nie wonderlik wees as elkeen van ons jaarliks duisende rande kon spandeer om volhoubare werksgeleenthede vir Suid-Afrika se werkloses te skep nie? Sou dit nie wonderlik wees as almal geld opsy kon sit om kos vir die armes en huise vir die minderbevoorregtes te gee nie? En, og, sou dit nie 'n heuglike dag wees as ons elkeen van ons swaarverdiende inkomste kan bydra tot behoorlike riolering en basiese dienste vir diegene wat dit die nodigste het nie? Sou dit dalk die juk van Apartheid op ons bevoorregte skouers verlig?
Ja?
Ons doen dit al reeds. Dit heet “belasting”.
Dis dalk tyd om op te hou skuldig voel oor die bedelaar by die verkeerslig.