Gratis koerante: ‘n Joernalistieke no-brainer

As die koerantverkopertjie soggens by my motorruit verbyslenter, gaan ek nie 'n koerant by hom koop nie. Ek verkies om nie meer geld op papiernuus uit te gee nie. Veeleer sal ek my selfoon gebruik om vinnig die nuutste nuustrekke te lees voor die verkeerslig weer groen raak.

As die koerantverkopertjie egter soggens by my motorruit verbyslenter en, sê, Die Burger gratis uitdeel, gaan ek nie skroom om 'n kopie te vat nie. Veral nie as hierdie kopie in diepte analise oor die voorafgaande dag se nuus bevat nie. Dan sal ek dit op my gemak gedurende die dag lees, waarna ek dit skroomloos in 'n drom sal gooi.

Dan het ek die inligting waarna ek soek, die medium wat die inligting oorgedra het, is skielik nie meer 'n las om te hê nie en die handelsnaam van, sê, Die Burger het 'n effense hupstootjie in my oë gekry. Trouens, ek is taamlik seker daarvan dat enige koerant wat hulself vandag gratis begin weggee terselftertyd 'n veel groter sirkulasiesyfer sal opdoen.

Come to think of it, hierdie is 'n no-brainer. Gee my 'n gratis koerant met in diepte joernalistieke analise en ek sal hom lees. Jou adverteerders sal jou bedank.

This entry was posted in Media and tagged , , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>