< rant >
In 'n artikel getiteld “Do You Own Facebook, or Does Facebook Own You?” berig Vanessa Grigoriadis oor Facebook se privaatheidsbeleid en die duisende gebruikers wat daardeur gegrief is (natuurlik nadat hulle reeds daarvoor ingestem het deur die kruisie onder die bepalings en voorwaardes te klik toe hulle aangesluit het).
…
‘n Mens se privaatheid word nie geskend omdat Facebook jou data vir hul eie doeleindes mag gebruik nie – jou privaatheid is geskend, want jy het dit op die internet gesit.
Wat dink mense gaan gebeur wanneer hulle private inligting op die wêreld se grootste, gedesentraliseerde, demokratiese inligtingsnetwerk sit? Gaan die lelike mense nie daarna kyk nie? En kwetterende vogeltjies dan vir hulle pekaneute en room op silwer skinkborde aandra?
If you don’t want it public, don’t put it on the internet. Dis nie vuurpylwetenskap nie.
< / rant >