Monthly Archives: June 2009

Gratis koerante: ‘n Joernalistieke no-brainer

As die koerantverkopertjie soggens by my motorruit verbyslenter, gaan ek nie 'n koerant by hom koop nie. Ek verkies om nie meer geld op papiernuus uit te gee nie. Veeleer sal ek my selfoon gebruik om vinnig die nuutste nuustrekke te lees voor die verkeerslig weer groen raak. As die koerantverkopertjie egter soggens by my [...]

Posted in Media | Tagged , , , , , , | 11 Comments

Van gate en van vuur

Wanneer 'n mens aan iemand uitwys dat daar gate in 'n pad is, bedank hy jou hartlik vir die skade wat jy aan hom en sy kar verhoed het. Wanneer 'n mens aan iemand uitwys dat daar gate is in dit wat hy glo, ry hy jou om, breek 'n dowwe spiëel oor jou skedel, [...]

Posted in Mymering | 6 Comments

Wat het van Kommintaar.com geraak?

Hulle het oornag opgeskiet, oornag handig geraak met bonkige trefslae en skynbaar oornag die niet in verdwyn. Die Gestorwe Soldaat ook. Laaik, wazzup wif dat?

Posted in Sommer | 2 Comments

Sosiale media: data op, data af

As al die geraas daaroor uitgedoof word, is die enigste strukturele verskil tussen Web 1.0 (die internet soos ons dit tien jaar gelede geken het) en Web 2.0 (implisiet ook sosiale media) dat gebruikers data kan upload sowel as download. Niks meer nie, niks minder nie. Derhalwe: in 1999 was die internet 'n netwerk waarmee [...]

Posted in Tegnologie | Tagged , , , , , , , , , | 9 Comments

Uit die blou van onse 1976

Afrikaners wat Algemeen Beskaafde Afrikaans as moedertaal praat (die variant wat Riaan Cruywagen saans om 19:00 besig), vind die verskeie ander variante van Afrikaans soms vreemd en beskou dit as 'n laer vorm van die taal – 'n idee wat by nabetragting nie noodwendig meriete het nie. So het ek onlangs iemand tydens die uitsending [...]

Posted in Taal | Tagged , , , | 5 Comments