Die waarde van Genesis

Die waarde van die skeppingsverhaal lê nie in die godsdienstige aard daarvan nie. Dit is nie veel van ‘n ware verhaal nie – iets wat, die negasie-sonder-teenargumente-redenasies van kreasioniste ten spyt, redelik maklik afgelei kan word. Gewis is dit nie ‘n diëgese van die eerste oomblikke van die heelal of ‘n verduideliking vir die ontstaan van die duisende tale wat ons praat nie. Dit sê nie eers veel oor God nie. (Dit kan nie. Dis fiksie.)

Die waarde van Genesis lê daarin dat dit ‘n menslike toestand beskryf wat ouer as die verhaal self is. ‘n Toestand wat enigiemand kan verstaan, ongeag sy of haar herkoms.

Almal het krapmerke aan die binnekant.

Of jy nou kleintyd gemolesteer of geboelie is, geskei is, aan kort mannetjie-sindroom ly, familietwis moes deurmaak, iemand aan die dood afgestaan het, ‘n aaklige ervaring met koue water gehad het kort na jou tweede verjaardag of bang is vir spinnekoppe – iewers word almal se onskuld weggekerf.

Dis ‘n mitologie wat altyd aanklank sal vind: die idee dat alles eens piekfyn was, totdat iets aan flarde geslaan is.

Nes Adam en Eva in die paradys.

Die waarde van Genesis lê daarin dat dit ‘n storie vertel wat maar al te bekend is. ‘n Storie van pyn en die daaropvolgende lewenslange hunkering na dit wat eens was.

Everybody hurts.

Post to Twitter

This website uses IntenseDebate comments, but they are not currently loaded because either your browser doesn't support JavaScript, or they didn't load fast enough.

21 Responses to “Die waarde van Genesis”

  1. Yip, maak nie saak wie of wat jy is nie. Ons is komplekse wesens en een van die minder lekker gedeeltes is pyn en hartseer.
    demoerin´s last blog ..WEW….24/52 My ComLuv Profile

    Reply

  2. Waarde of nie, gelowiges moet verstaan dat nie almal geintresseerd is om te luister na hulle kinderagtige fantasie wereld nie. Vir die wat verskil van my, die begin van Judgment Day is op 21 Mei 2011 en is slegs 689 dae ver. Sort die kak met julle skepper nou uit voor dit te laat is en los die res van ons asseblief uit.

    Reply

  3. “Dit sê nie eers veel oor God nie. (Dit kan nie. Dis fiksie.)”

    Dis nogal ‘n vreemde stelling, komende van jou?

    Kan fiksie nie iets oor God sê nie? Vertel fiksie nie iets oor mense in elk geval nie – al is dit net om te vertel wat gaan in die skrywer se kop?

    C.S. Lewis, J.R.R. Tolkien en Philip Pullman sal van jou verskil. Ek dink nie God is net in toegepaste wetenskap te vinde nie. Of dan, opinies oor God.

    Maar nouja, dit was nou nie juis die punt van jou skrywe nie.
    freddy´s last blog ..Stille elegansie My ComLuv Profile

    Reply

    Christoff Reply:

    Ek dink dis juis OMDAT dit fiksie is, dat dit dinge van God kan se…
    Christoff´s last blog ..Improve Your Fertility With Daily Sex My ComLuv Profile

    Reply

    Johan Swarts Reply:

    @freddy – As ek jou vertel dat my ma ‘n prostituut is, my pa ‘n goddelose matroos met oogklap en stoppelbaard en my ouma ‘n alikreukelsopkoker van formaat in Iran, sal die storie enigsins iets oor my pa, ma en ouma kan sê indien dit fiktief is?
    Johan Swarts´s last blog ..Die waarde van Genesis My ComLuv Profile

    Reply

  4. Jy laster nou.

    Elke woord in die Bybel is waar.

    Dr. Sakkie Boer
    Voorsitter
    VAKTAP (Vereniging vir die Afrikaner Kultuur, Taal en die Allerhoogste Party)
    VAKTAP (Vereniging vir die Afrikaner Kultuur Taal en Allerhhogste Party)´s last blog ..Sluit aan by VAKTAP! My ComLuv Profile

    Reply

    Andrew Reply:

    “Jy laster nou.”

    Ja? En wat is jou punt?

    Reply

    Emil Reply:

    All great truths begin as blasphemy!
    Emil´s last blog ..Tolerance My ComLuv Profile

    Reply

  5. Ek stem nie heeltemal saam nie.

    Vir my is die fokuspunt van Genesis nie die mens nie. Die fokus val op verhoudig tussen mens en God (soos die geval maar is met omtrent die hele Bybel); ‘n beskrywing wat jou, uiteindelik, met meer begrip laat oor beide. Dis immers geskryf (fiksie of nie) deur mense wat in ‘n verhouding met Hom geleef het.

    Reply

  6. Twee skeppingsverhale. Die geleerdes noem dit P en J. Genesis 1 vorm die eerste een, en Genesis 2 en 3 die volgende een. Slegs een van hulle werk met die mitologie: “die idee dat alles eens piekfyn was, totdat iets aan flarde geslaan is”. So wat is die mite wat binne die ander ene lê?
    – Hoe orde uit chaos kan ontstaan.
    – Hoe God inpas in die skepping inpas.
    Iewers het ek ‘n vermoede dat die eerste verhaal dalk meer oor God sê as wat jy wil toegee.
    Cobus´s last blog ..@Niemandt – amen! stadig met die belydenis My ComLuv Profile

    Reply

    Johan Swarts Reply:

    Kudos, goeie punt.
    Johan Swarts´s last blog ..Die waarde van Genesis My ComLuv Profile

    Reply

  7. Jy gee wel toe dat die verhaal iets oor ons as mense vertel. Hoe is dit moontlik as dit “slegs fiksie” is? Of wil jy tog daarmee erken dat “fiksie” tog meer kan oordra as net ‘n storie?
    freddy´s last blog ..Stille elegansie My ComLuv Profile

    Reply

  8. Cobus en Tinus,

    Wat van ander skeppings verhale, fiksie of nie? Wat van die laaste boek in die Bybel of Kor’an of Torah of al die gekrap tussen in? Wat van die rigting wat die wetenskap ons in lei … cosmology, archaeology, geography, evolutionary science, micro biology, psychology, neuroscience …? Wat daarvan as ons almal begin groot word en eerlik wees met onself en meer waarde heg aan redelikheid as aan die aloue mites wat ons voorouers in geglo het?

    Reply

  9. Sterkte Andrew. Iemand moet seker maar poog om ‘n wêreldbeeld sonder mites, beelde, analogieë, metafore, stories ensevoorts aanmekaar te sit. Ek het so vermoede ek is nie slim genoeg daarvoor nie. Maar as jy daarop afkom, laat weet ons. Maak tog net seker dat al die metafore uit die Quantum fisika uit wegvertaal is ook.
    Cobus´s last blog ..@Niemandt – amen! stadig met die belydenis My ComLuv Profile

    Reply

    Andrew Reply:

    Religious apologists are in control of power globally and that cannot be denied. However the sharing of information (read internet) is the biggest threat organised religion has ever faced. Time will tell whether they are able to weather the storm.

    Reply

  10. ek’s net nie seker wat ‘n “ware verhaal” is nie. kan jy dalk help, johan?

    Reply

    Johan Swarts Reply:

    die verhaal van nelson mandela se aanhouding op robbeneiland en die uiteindelike vrylating en daaropvolgende demokratisering van Suid-Afrika is ‘n ware verhaal.

    Plato se grotgelykenis is nie ‘n ware verhaal nie.

    Beide het waarde.

    Reply

    demoerin Reply:

    ‘n Verhaal sonder waarde is elk geval nie die papier werd waarop dit gedruk is nie. Wat is die punt daarin om dit te lees? Jy kan selfs ‘n les of twee uit ‘n Grisham optel… wat my nou laat wonder oor Mills & Boon :lol:
    demoerin´s last blog ..WEW….24/52 My ComLuv Profile

    Reply

  11. Die woord waar is dalk verwarrend. Waar kan soms beteken “dit het gebeur”, maar soms beteken dit “dit is sinvol”. Mens moet dalk onderskei tussen die twee betekenisse. Jy se^ die inhoud van Genesis het nie regtig gebeur nie, maar dit is wel waar in die tweede sin van die woord. Nogtans dink ek jy het jou woorde mooi bestuur – “nie waar nie, maar sinvol” – goed gestel.
    Die piesangverkoper´s last blog ..Star Trek Deep Space Nine (series 1) My ComLuv Profile

    Reply

    Johan Swarts Reply:

    Ditsem.

    Reply

  12. [...] Ander een van my groot liefdes is lees. Nie net verhale nie, maar ook heelwat geskiedenis. Ek is ‘n feitvraat. Ek moet dinge weet. En somtyds kan [...]

Leave a Reply

CommentLuv Enabled