Dis 'n holruggeryde argument: elke liedjie wat nie gekoop word nie, is geld gesteel van die musikant en stoot boonop die prys van albums verder op.
Dis snert.
'n Liedjie is bloot nie meer R10 werd nie.
'n Album is beslis nie R120 werd nie.
Die waarde van musikante se sweet en bloed het gedaal, of ons dit nou wil hoor of nie. 'n Karige aantal kliniese regulasies op papier stipuleer een ding; miljoene downloads daagliks vertel 'n ander storie.
In die oë van die mark is 'n liedjie is nouliks meer as 'n paar sent werd. Dis tyd dat musikante dit begin besef en hul besigheidsmodelle dienooreenkomstig aanpas – anders gaan hulle oor 'n paar jaar 'n lelike verassing kry.
Die feit dat daar 'n bedrag op iets staan, beteken nie daardie iets is soveel werd nie.