Soek en jy sal jouself vind

Ek was nog altyd ietwat gefassineer deur mense se reaksie op Fokofpolisiekar se “Hemel op die Platteland”. Die reëls:

Kan iemand dalk 'n god bel
En vir hom se ons het hom nie meer
Nodig nie

Impliseer nie dat die antwoord op die kwessie van God se bestaan gelyk is aan: “daar is geen God nie”. Dit sê bloot: of daar so Iemand is of nie – ons het hom nie meer nodig nie. Dis 'n baie eiesoortige verwoording van die spreker(s) se eie spirituele ervaring(s).

Wat my fassineer is hoe die kerk daarmee op hol gegaan het.

“Hoe durf hulle?”

Dit was die verontwaardigde vraag wat die kerk en haar makkers meestal gestel het. Ironies, natuurlik, want spirituele belewenisse is iets intens persoonlik – iets wat nooit identies is van persoon tot persoon nie. Jou God is nie die siel langs jou se God nie en sal dit nooit wees nie – al sif julle hoe lank deur belydenisgeskrifte, al doen julle hoeveel rituele saam, al doop julle voor 'n doopfont of in die Ganges.

Dalk moes die kerk eerder jubel oor die woorde wat Francois van Coke gil.

Dalk is dit orraait as iemand nie 'n God soek nie, net soos wat dit orraait is as iemand wel 'n God soek.

Dalk pas 'n spirituele ervaring nie altyd in 'n formulier nie.

This entry was posted in Godsdiens and tagged , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>