Die waan van Benjou se sinkende skip

social-media-waste-of-timeHierdie artikel is seker die mees oningeligte opinie oor sosiale media wat ek in 'n lang tyd raakgeloop het. Paul Benjou vra:

How foolish can we be? Plenty, it appears, even after we said we learned our lesson after the dot.com meltdown eight years ago.

Sy probleem? Daar is miljarde dollars belê in Facebook, Myspace, Twitter en “billions more to come” – en niemand het nog uitgepluis hoe om wins daarmee te genereer nie.

Dis 'n leuen.

Facebook, MySpace, Twitter et al besit 'n ernorme, groeiende korpus diverse data met een enkele gemeenskaplike eienskap: dit vertel iets van die persone wat die data gegenereer het.

Benjou benader die situasie soos 'n tradisionele mediaprofeet sou – hy sien nie die aantal advertensiedollars gegenereer per “leser” meer raak nie, en neem daarom aan die hele gespuis kan nie winsgewend wees nie. Ou bril, verkeerde uitsig.

Hy vergeet dat sogenaamde “behavioural data”, wat tot op 'n druppel kan vertel wat mense doen, waarna hulle op soek is, wat hulle graag koop, wat hulle van 'n produk dink en dies meer, onsaglik waardevol is. MySpace weet wie luister wat, hoe lank hulle daarna luister, watter tyd van die dag hulle dit doen, hoe oud hulle is, waarna hulle geneig is om na dit te luister ensovoorts. Facebook weet wie jy is, waarvan jy hou, waarna jy luister, wat jy kyk, hoe oud jy is, waar jy bly, hoe gereeld jy tyd mors – die lys is eindeloos. Dieselfde geld vir enige sosiale netwerk.

Hoe meer gebruikers op 'n netwerk, hoe meer gewoontedata wat tradisionele media om die dood nie kan genereer nie.

Wanneer Benjou skryf:

The fact is, it’s a good bet these social networking sites will never figure out a workable business model because there may not be one.

Vergeet hy dat dit die advertensiebedryf in sy huidige vorm veel langer geneem het om uit te broei – en dat dit nie die enigste manier is om wins te genereer nie.

Daar is min dinge so tragi-komies soos die waan van 'n sinkende skip wat dink hy gaan vir ewig dryf.

This entry was posted in Media and tagged , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>