Broers,
Ons weet dat slegs dit wat ons kan sien, hoor, proe, voel of ruik bestaan, want ons sien, hoor, proe, ruik of voel dit.
En daarom weet ons dat slegs dit wat ons sien werklik is, want ons sien dit.
En daarom weet ons dat slegs dit wat ons hoor werklik is, want ons hoor dit.
En daarom weet ons dat slegs dit wat ons proe werklik is, want ons proe dit.
En daarom weet ons dat slegs dit wat ons voel werklik is, want ons voel dit.
En daarom weet ons dat slegs dit wat ons ruik werklik is. Want dit stink.
En daarom, liewe broeders, weet ons dat slegs dit wat ons kan sien, hoor, proe, voel of ruik bestaan en geen ander nie en dat daar geen onsigbare, onhoorbare, smaaklose, taslose of reuklose dinge bestaan nie, want ons kan hulle nie sien, hoor, proe, voel of ruik nie.
Amen.