Die tweede waarheid oor die Afrikaner

…is dat sy identiteit nie meer by uitstek geografies aan dié van sy mede-Afrikaners verbind is nie. Daar sit derduisende Afrikaners regoor die wêreld en ons kommunikeer soms meer met hulle op die blogosfeer, koerante se webtuistes, Twitter, forums en wikis as wat ons met ons eie familie kommunikeer. Ek weet Onrustig beleef gure weer en Kobus is op pad om te braai – en hoewel Onrustig aan die een kant van die planeet sit en Kobus aan die ander, op plaaslike front, kon Onrustig netsowel die plaaslike een wees en Kobus iewers in Ierland:

twittermaters

Afstand maak nie noodwendig meer saak nie. Ek kan trots wees op NP Van Wyk Louw terwyl ek in Antarktika sit, omgekrap raak vir die DA terwyl ek in Japan is, lees wat my vriende doen terwyl ek blomme in Holgarye pluk. Afrikaners hoef nie net in die buiteland te gaan woon omdat hulle bang of ontuis voel nie. Expats hoef nie by verstek hensoppers te wees nie.

This entry was posted in Politiek and tagged , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>