Nag van die trolliemonsters!

die trolliemonsterVir diegene wat besig is om die veranderinge in die koerant- en tydskrifbedryf te lamenteer, haal ek graag die volgende aan uit Alvin Toffler se 1980 boek “The Third Wave”:

Getting the customer to do part of the job – known to economists as ‘externalizing labour cost’ – is scarcely new. That’s what self-service supermarkets are all about. The smiling clerk who knew the stock and went and got it for you was replaced by the push-it-yourself shopping cart. While some customers lamented the good old days of personal service, many liked the new system. They could do their own searching and they wound up paying a few cents less.

Dis moeilik om vandag te glo, né? Maar dis waar – eens op 'n tyd het mense gevoel die wêreld word op sy kop gekeer omdat hulle self 'n trollie in 'n supermark moes rondstoot. Derduisende joviale klerke en hul families se finansiële welstand is geraak deur die gepaardgaande afdankings onder die tirannie van die trollies. Dit was die era van die amateur; 'n tyd toe die professionele dienste van mense wat geweet het wat waar op 'n winkelrak gestaan het, moes swig voor die tirannie van die doen-dit-self trollieregime. 'n Toekoms was daar lank nie meer.

Dit was die einde.

Dan is daar natuurlik die storie van Gutenberg en die monnike…

This entry was posted in Media and tagged , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>