Ek ry die komende Sondag Humansdorp toe om te help skiet aan die Cobus Potgieter DVD. (BUYA!) My skootrekenaartjie gaan saam, so ek sal foto’s en 'n regstreekse koeie-in-die-padtelling (dis immers die Oos-Kaap) verskaf terwyl ek onderweg is. Ek gaan ook (sonder om enigiets van die DVD se inhoud weg te gee) 'n daaglikse joernaal in Engels probeer hou van alles wat ons aanvang – as 'n eksperiment om te kyk of ek soveel moontlik van sy (letterlik honderdduisende) aanhangers iets kan gee om te lees. So byvoorbaat om verskoning as jy sukkel met die rooitaal.
Ek belowe ek sal al my sakdoeke inpak.
(As alles vlot verloop, oorhandig ons die langverwagte R50 e-mal!)