Die geval van die kriptiese Shaik

Die Burger het onlangs 'n nuwe webtuiste gekry. Dis in wese maar 'n kopie van News24 / Nuus24 en sukkel (myns insiens) nog om 'n behoorlike identiteit te vind, maar dis 'n langverdiende treë vorentoe van die vorige aborsie van 'n webtuiste. Loer gerus na die source code as jy kans kry – dis veel netjieser as die vorige een s’n en het ten minste stylesheets vir IE6 en 7, unorganised lists vir breadcrumb navigation in plaas van die afgryslike hard coded menus wat die vorige webtuiste gehad het en 'n fixed width sodat dit nie soos 'n rekmerk in 'n maximised window op groot monitors (soos, sê, my 24″ Samsung) lyk nie.

Hier en daar is nog haakplekke, soos hierdie geval van die kriptiese Shaik in hul nuusbrief soos dit in Outlook Express (die e-poskliënt van baie Afrikaners) vertoon word:

die kriptiese burger

Wat my intrigeer, is dat Die Burger se nuusbriewe elke dag sulke karakters bevat. News24 se nuusbriewe word van dieselfde adres (lyris.elist24.co.za) met dieselfde character set en encoding gestuur:

Content-Type: text/plain; charset=”utf-8″
Content-Transfer-Encoding: base64

…en tog vertoon dele van Die Burger s’n daagliks soos die bostaande fragment.

Vreemd.

Die foutjies desnieteenstaande bly die vraag seker – is die webtuiste 'n tree na nuwe lewe vir die koerant, of gaan Nuus24 lesers se aandag van Die Burger en haar susterskoerante begin wegrokkel?

This entry was posted in Media and tagged , , , , , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>