Wanneer hare by ons kopvelle uitgroei, koester ons dit.
Wanneer naels aan ons vingers en tone sit, tof ons dit op.
Wanneer vel om ons vleis sit, behoed en versorg ons dit.
Wanneer bloed deur ons are bruis, vergeet ons sorgeloos daarvan.
Hoekom, dan, wanneer hare, naels, vel of bloed op enigiets anders as ons koppe, vingers, vleis of aarwande is, vind ons dit verwerplik?