Die wysheid van Jan Smuts
Welkom! As dit die eerste keer is wat jy hierdie blog raakloop en jy hou waarvan jy lees, oorweeg dit gerus om by my RSS-voer in te teken. Volg my gerus ook op Twitter. Dankie vir jou besoek!
Kort voor die verkiesing het ek geskryf oor politieke partye wat hulself negatief in terme van die ANC definieer en meer onlangs oor die DA wat skynbaar die hoop koester dat die regerende party se nuutste termyn op niks meer as ‘n flater sal uitloop nie. Ek kan boekdele skryf oor die retoriek wat veral die DA inspan in pogings om hulself goed te laat lyk teenoor die ANC, maar dis ‘n gesanik vir ‘n ander dag.
Aanskou veeleer die wyse woorde van Jan Smuts na die 1943-verkiesing, toe sy strategie was “not to mind my political opponents too much, rather to ignore them and to concentrate on my own [...] governmental business”:
…That is the positive way, and means least waste of time and energy. The negative way of controverting your enemies and countering their knavish tricks is exciting, but essentially barren. Whenever you can afford it, ignore your opponents, don’t answer back, but give the public instead something constructive and positive of your own.”
(Uit WK Hancock, Smuts: The fields of force, p382)
Subliem, is dit nie?
Myns insiens is daar ‘n hele paar partye daarbuite wat hulle koppe in skaamte kan laat sak…


Trueness. Hy was sy tydgenote jare vooruit.
En weereens wonder mens retories hoe ons politieke landskap daar sou uitsien as Smuts in ’48 aan bewind sou gekom het…
duskant´s last blog ..As die donker my kom haal…
Reply
Het Slim Jannie nie toe die verkiesing verloor nie?
Reply
Hy het. Volkie was toe al die tyd nie so slim nie.
Johan Swarts´s last blog ..Die wysheid van Jan Smuts
Reply
Dit is politiek. Ek twyfel of jy ‘n party oor die wêreld gaan vind wat koppe omhoog kan hou.. wel miskien in ‘n eenparty land.
demoerin´s last blog ..Kortverhaal: 15:50 Op Die Platform
Reply
Dan leef ons voorwaar skisofrenies.
Reply
Ek stem. Maar het Smuts dan nie die daaropvolgende verkiesing verloor nie?
Reply
http://gormendizer.co.za/2009/08/26/die-wysheid-van-jan-smuts/#comment-33775
Reply
Politiek.
Reply