Al die arty ouens verkies mos maar Macs.

MAC-vs-PC[1]

Ek is nie 'n bedryfstelsel-snob nie, maar daar is een spesifieke meem oor OSX wat my nogal amuseer en by tye selfs irriteer. Wanneer ek met mense oor Macs praat, verloop die gesprek dikwels so:

Ja…Macs is beter vir content creation, jy weet? Foto’s en videos en liedjies en daai klas van dinge. PC’s kan nie lekker die mas daarmee opkom nie. En al die arty ouens verkies mos maar Macs.

Snaakser nog is gesprekke met sommige van die einste “arty ouens”:

PC’s is net nie cool nie, jy weet? Ek meen, ek werk baie beter op 'n Mac. Die hele experience is net beter. En MY Mac het die HELE Adobe suite op – ek kan soos Photoshooooop en After Effeeeeects en Garagebaaaaaand en al sulke cool goeters doen. Windows is net goed vir Word en Excel.

Die teendeel is natuurlik waar. Dis nie OSX of die glinsterende ontwerp van die stylvolle Macbook op jou skoot wat content creation vergemaklik nie, dis goeie 3rd party apps. Photoshop, Vegas, After Effects, Cubase, Audition, Maya: almal werk op Windows (Apple se enigste troefkaart in hierdie kader – Final Cut Pro – moet in ieder geval apart gekoop word en kan nie naastenby in die breë verskeidenheid codecs as sy Windows eweknieë render nie).

Die skep van goeie, kreatiewe inhoud het weinig met 'n bedryfstelsel uit te waai. Dis eerder vindingrykheid en die vermoë om betrokke programme (wat dikwels platformagnosties is) op die punte van jou vingers te ken en so ekonomies moontlik te gebruik wat die swaarste gewig dra. Daar is goeie programmatuur beskikbaar vir Windows sowel as OSX (in sommige gevalle selfs vir Linux) om media van 'n hoë gehalte te vervaardig. Om die een in hierdie opsig beter as die ander te noem, is om appels met pere te vergelyk.

Dit bly maar snaaks om te sien hoe mense dink hulle is meerwaardig omdat 'n bemarker dit vir hulle voorgesê het.

This entry was posted in Tegnologie and tagged , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>