Die latente onheil van pikkies met smartphones
Donderdagaand, terwyl ek na ‘n laerskoolkooropvoering sit en kyk, merk ek ‘n seuntjie op wat skuins voor my met ‘n smartphone sit en speel. Hy het foto’s geneem, met ‘n stilus op die foto’s gekrap en met facial recogniction ‘n digitale snor op sy ma geplaas:
Wanneer hy eendag groot is en tot die land se ekonomie kan bydra, gaan hierdie outjie nie koerante of tydskrifte koop nie. Hy word grootgemaak met tegnologieë wat verseker dat hy die wêreld anders as sy ma sal beskou, anders daarmee sal omgaan, anders sal verstaan. Hy sal op ‘n ander manier na inligting soek as wat sy ma dit doen.
Hy gaan nie sanik oor hoe net sekere mense die internet kan bekostig nie. Hy gaan nie met sy hande in sy hare wonder waar sy volgende braaivleisvuur vandaan gaan kom nie. Hy gaan verseker nie slapelose nagte hê oor afgedankte joernaliste nie.
Die seuntjie met die smartphone skuins voor my tydens ‘n laerskoolkooropvoering is die grootste gevaar wat enige tradisionele mediamaatskappy nog ooit in die gesig gestaar het. Net omdat hy met ‘n smartphone kan speel.
Net omdat hy kan.



En wanneer hy groter is, lag hy hom morsdood vir die primitiewe netwerk wat ons internet genoem het.
Reply
Johan Swarts Reply:
August 31st, 2009 at 3:45 pm
ditsem
Reply
Tegnologie maak jou nie wyser of slimmer nie. Nog minder gee dit jou “common sense” and “life skills”.
PS. Dink nog steeds jy moes hom geklap het oor sy anti-sosiale gedrag.
Reply
En dit is nou maar hoe tegnologie daagliks ons lewens aanraak……. by ‘n laerskoolopvoering?
demoerin´s last blog ..Klein Dingetjies
Reply
dink harder
Reply
Die vraag is of die behoefte in die toekoms nog gaan bestaan om na ‘n lewendige laerskoolopvoering toe te gaan.
Emil´s last blog ..Cogito ergo sum – language matters
Reply
ek sou wou gaan as dit my kind was wat gesing het.
Reply
Girl van die Suburbs Reply:
August 31st, 2009 at 10:10 pm
Ahem…. Maar dit het niks met niks uit te waai nie… ek is net nuuskierig… wat maak jy by ‘n laerskoolvopvoering?
Girl van die Suburbs´s last blog ..Vyf
Reply
Johan Swarts Reply:
September 1st, 2009 at 12:29 am
ek’t die dirigent gaan ondersteun
Reply
demoerin Reply:
September 1st, 2009 at 7:42 am
Ahhh, en daar was lig.
demoerin´s last blog ..Kortverhaal: Die Klop
Reply
Dit kan eintlik net goed wees vir die toekoms, want dit gaan die pers dwing om meer aandag aan die on-line weergawes van hulle koerante te gee.
demoerin´s last blog ..Kortverhaal: Die Klop
Reply
Ek sal die Burger 99c per uitgawe betaal op my Internets.
Emil´s last blog ..Cogito ergo sum – language matters
Reply
Johan Swarts Reply:
September 1st, 2009 at 1:23 pm
ek sal ‘n nuwe koerant begin.
Reply
Hoe was die opvoering of vertoning toe?
Etienne´s last blog ..An Epiphany…
Reply
Girl van die Suburbs Reply:
September 1st, 2009 at 12:33 pm
Jy mag dalk ‘n antwoord kry as die dirigent nie sy aandag afgetrek het nie….

Girl van die Suburbs´s last blog ..Vyf
Reply
Johan Swarts Reply:
September 1st, 2009 at 1:24 pm
vrek oulik!
Reply
Toe ek 2 was in 1978 het iemand my na die beeldradio sien staar en omtrent presies dieselfde argument gemaak as wat jy nou maak.
They were wrong.
Bertus! die piesangverkoper´s last blog ..Siener se spore
Reply
Appels met pere, reken ek. Die televisie (of die radio) is baie nader aan die internet in hierdie verband, aangesien dit nie soos ‘n koerant geld vra vir elke aflewering nie. Dis nie asof jy per halfuur betaal vir elke kanaal wat jy kyk nie, of hoe?
Reply
So vat jou argument gou deur tot sy logiese konklusie:
1. Die TV is soos die internet.
2. Die TV het nie koerante doodgemaak nie.
3. Dus ….
Anyway, ek reken ook die drukmedia is dik in die moeilikheid, maar ek herhaal weer, dit het veel meer as bloot ‘n tegnologiese oorsaak. Dis nie net omdat internet gratis is of omdat jy internet nie hoef te gaan koop by die kafee nie, daai tipe goed is mense bereid om te doen vir gehalte. Die probleem van drukmedia is veel meer ingrypend.
Bertus! die piesangverkoper´s last blog ..Siener se spore
Reply
Akkoord x 1000.
Reply
Nie heeltemal nie, nee. Die televisie is rofweg soos die internet wat die prys van toegang betref. Wat die digotomie tussen vervaardiger en verbruiker aanbetref, verskil hulle hemelsbreed.
Reply
Die ding is juis dat die TV NIE soos die internet is nie. Hulle bied beide totaal verskillende goed an die gebruiker, partykeer selfs soms simbioties. Ek kyk die rugby op die TV, en lees die ontleding van die wedstryd daarna. Die vraag is juis dit – Gaan ek verkies om die koerant te koop vir daardie ontleding, of gaan ek dit sommer op die internet lees?
demoerin´s last blog ..WEW….32/52
Reply
het is mij niet duidelijk wat je angst is johan
?
Reply