Sê nou iemand neem 'n paar duisend Xeons en Itaniums, voeg dit saam met 'n paar duisend Fusion ioExtremes en skryf 'n soepel en buigbare neurale netwerk om daarop te hardloop. Sê nou ons gebruik dan alle bruikbare bronne tot ons beskikking waarin die geskiedenis al ooit opgeteken is en voer dit by hierdie netwerk in met 'n paar eenvoudige klassifikasies. Volksmoord op die Jode: Sleg. Oorlog onder die dekmantel van demokrasie: Sleg. Korrupsie: Sleg. Roof, moord en verkragting: Sleg.
Dan maak ons dit verpligtend vir almal om mikroskopiese tegnologie onder hul velle ingeplant te kry. Receivers en so aan.
En dan, elke keer as iemand dit baie ernstig kontempleer om volksmoord te pleeg of oorlog te voer of vreeslik korrup te raak of roof, moord en verkragting te pleeg, skok pappa Xeon en mamma Itanium die fokkers totdat hulle soos Pavloviaanse brakke gekondisioneer word om dit nimmer, nooit, ooit weer te wil doen nie.
Dit kan mos nie so moelik wees nie.
