Herschelle Gibbs en die seks sonder die seks met die seks sonder die seks sonder die seks

Right, so Herschelle Gibbs het 'n seksvideo en ek moet vandag iets daaroor skryf anders gaan ek nie munt slaan uit die miljoene hits wat ek daarvoor gaan kry nie.

SEKS!

BAIE SEKS!

STOMENDE WARM SEKS!

Srsly, though, ek is nie seker ek verstaan presies wat Rapport se berig daaroor probeer sê nie. Ter illustrasie het ek 'n intuïtiewe puntestelsel uitgewerk.

Die RSS-feeds in die pad (ook bekend as plakkate teen lamppale) het gesê daar is “Nog 'n seksvideo”.

Seks: 1

Die opskrif van Rapport se berig sê egter: “Herschelle fuif met peperduur kaal meisies”.

Seks: 0

Onder die berig se kop is daar 'n waarskuwing in rooi teks: “Waarskuwing! Eksplisiete seksvideo in die berig. Nie vir mense jonger as 18 nie.”

Seks: 1

Hierna skryf Rapport: “Daar was egter geen penetrasie of orale seks nie”.

Seks: 0

Die pixelated video wat saam met die berig gepubliseer is, wys twee mans wat skootdanse ontvang.

Seks: -1

Ek is heeltemal bereid om, soos Chomsky oor postmodernisme, te erken dat ek dalk net te stewpid is te verstaan hoekom dit 'n seksvideo is. But frankly – I don’t see it.

Wil iemand dit dalk aan my verduidelik?

This entry was posted in Media and tagged , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>