In 1956 het Andries Alberts die volgende woorde oor geloof in Die Afrikaanse Wêreldbeskouing gepubliseer. Dis 'n juweel in vergelyking met die ander Christelik-nasionalistiese vertoë van die tyd:
Dis 'n sielkundige feit dat die waarheid geweet word, en 'n leuen geglo word. Die waarheid word nooit geglo nie. Dit kan nie. As daar iets geglo word, moet dit noodwendig vals wees.
[...]
Elke feit, elke stelling wat gewis is, word altyd geweet en nooit geglo nie. Sodra iets twyfelagtig is, word dit nodig om te glo; as dit definitief vals is, dan móét dit geglo word. As 'n onwaarheid nie geglo word nie, word dit verwerp en vergeet. Geloof is dus die teelaarde van onwaarheid.
Bogenoemde woorde laat die briewe wat so dikwels in Afrikaanse dagblaaie woed kostelik lyk, want dis 'n bakleiery wat 50 jaar te laat is. Nou, 'n halfeeu later, het die “verligtes” van die volkie vir hulself besluit wat om oor die lewe te dink, op tafels geklim en begin skreeu asof die armageddon aangebreek het – soos Dawkins wat afgewaterde Russel bulder.
Alberts beat you to it, n00bz. Have a cookie.