Danksy 'n paar erudiete wenke van Die Piesangverkoper het ek die geheim tot 'n beter lewe in die Kerkbode van 15 Mei 1946 gevind:
Vyf-en veertig en nog jeugdig: Vrou wat beny word
“Hoe jonk lyk sy!” Dit word dikwels gesê van die vrou wat jeugdig en opgetoë bly totdat sy die middelbare leeftyd ver verby is. Die rede is: die vrou van 45 wat nog lyk asof sy 30 is, het haar jeugdigheid bewaar deur haar bloed in orde, ryk, rooi en suiwer te hou. Daarom het sy ook haar lewenslustigheid en skoonheid behou.
U voel gou die nadelige uitwerking van dun en armoedige bloed. U word moeg en uitgeput, die lewe is 'n las, u kan nie eet nie en is prikkelbaar en neerslaagtig. U het geen lewenskrag as u bloed uitgeput is nie.
U hoef nie so te bly nie. Die middel lê voor die hand. Vermeerder en verryk u bloed met dr Williams se Pink Pills. hulle skep ryk, rooi bloed wat u nuwe lewenskrag gee, u eetlus verbeter en u krag terugbesorg. Word weer gesond deur middel van dr. Williams se Pink Pills. By alle apteke en winkels.
Dit was toe al die tyd dr Williams se Pink Pills.