Op 16 Januarie 1876 het die Genootskap van Regte Afrikaners Di Afrikaanse Patriot uitgegee met die volgende woorde:
Een Afrikaanse Koerant! Wie het dit ooit gedroom! Ja, Afrikaanders! een koerant in ons ei’e taal! Dit het baaiang moeite gekos om so vêr tekom dit kan ek julle verseker, want die meeste Afrikaanders is nes steeks pêrde, hulle wil mos nie glo dat ons een ei’e taal het nie. Die ou’e Patriotte hou vas, en klou vas, an die Hollans taal; die jong mense vind die Engelse taal weer so mooi, en o’ertui’e gaat net so moeilik, as om pêrde te leer pronk in die voortuig.
Dit was as ‘t ware die eerste redaksionele woorde uit die eerste Afrikaanse koerant.
Twee dinge is vir my opvallend. Eerstens, natuurlik, die duidelike invloed van Nederlands, soos in die spelling te bespeur is. Die heel eerste woord verwys byvoorbeeld nie na die getal 1 nie, maar die Nederlandse onbepaalde lidwoord. (In Afrikaans skryf ons vandag “‘n”.)
En dan, tweedens: die nosie dat Afrikaners soos “steeks pêrde” is.
BAHAHAHAHAHAHA!