Ek dink ek kry skaam

Ek is nie seker wat die emosie is wat my omvou het terwyl ek van George Claassen se poging om skolegodsdiens te monitor en die kommentaar daarop by Rapport gelees het nie. Dit was nie afguns nie. Dit was nie blykdskap nie. Dit was verseker nie jaloesie nie.

Ek dink amper dit was verdriet.

Tot dusver is daar nie een hoflike kommentaarstuk gelewer deur enigiemand nie. Nie deur Christene nie, ook nie deur ateïste nie. Almal probeer mekaar net doodskree of doodbid. Nêrens kon iemand net vriendelik na mekaar uitreik en seg: “Jy weet, bra…ek stem nie heeltemal met jou saam nie, maar ek respekteer jou nog steeds as 'n mens”.

Almal ROOI ROOI ROOI! en GROEN GROEN GROEN! net. Almal is so onwrikbaar.

Ek raak skaam as ek dit lees, want dan besef ek: dis my mense wat so onder mekaar baklei.

Eish.

This entry was posted in Godsdiens and tagged , , , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>