Monthly Archives: September 2009

Skraap.Net vorderingsverslag(tm)

Die geskraap vorder goed. Tot dusver is 105,859 HTML-bladsye vanaf 226 blogs geskraap (die gemiddelde Afrikaanse blog het in teorie dus 468 bladsye) in 'n somtotaal van ongeveer 5.45 GB: Dis belangrik om te onthou dat baie van hierdie bladsye duplikaat-inligting bevat. WordPress blogs (tot al LitNet se data in is, by verre die meerderheid) [...]

Posted in Matieland | Tagged , , | 6 Comments

Die derde waarheid oor die Afrikaner…

…is dat sy identiteit vir ewig gegrond sal wees in diversiteit. Hy het ontstaan uit Nederlanders, Duitsers, Franse, Maleiers, Strandlopers et al. Hy was Christen, hy was Moslem. Hy het nie spontaan uit die lug geval as 'n homogene groepering om 'n heilige roete aan die suidpunt van Afrika in 1938 aan te pak nie. [...]

Posted in Politiek | Tagged , , , , , , , , , | 23 Comments

Verkeersligte buite Bethlehem

‘n Roerende vertoning ter ere van Gerrit Johannes Cloete se aansluiting by die klub van vyftig te Bethlehem circa Junie 2006: Geen sjokoladesjerrie is beskadig tydens die verfilming van hierdie eerbetoning nie.

Posted in Sommer | Tagged , , , , , , | 4 Comments

Lees Plato, groei ‘n bietjie politieke borshare

Ek koester gewoonlik té hoë verwagtinge van politici, blyk dit. Ek wil hulle meet aan dieselfde rasionele en morele standaarde waaraan ons mekaar elke dag meet. Mense vertel my gewoonlik dan dat dit nou maar een maal is hoe politici is: dat dit nie help 'n mens verwag beter van die skuim van die aarde [...]

Posted in Politiek | Tagged , , , , , , | 8 Comments

Voetnoot

Soms dink ek die enigste rede hoekom mense wonder wie en wat die Afrikaner is, is die feit dat hulle nie van die antwoord hou wat hulle reeds ken nie.

Posted in Mymering | Tagged , , | 9 Comments