Jy dink jy’s cooler as ekke

Hierdie tjoen van Jack Parow is van die beste sosiale kommentaarstukke op Afrikaners wat ek in ‘n lang tyd gehoor het:

It just kicks Afrikaner nationalism in the nuts, doesn’t it?

(Gesien by WatKykJy.)

Post to Twitter

26 Responses to “Jy dink jy’s cooler as ekke”

  1. Afrikaner-nasionalisme was eintlik maar nog altyd Afrikaners wat van die laerklas elemente in die samelewing wou ontsnap. Vir die Afrikaner-nasionalis is Afrikaans nie 'n vrotterige patois nie, maar 'n verhewe, glansende werktuig. Vir die Afrikaner-nasionalis is Afrikaners nie arm, onopgevoede spoorwegwerkers wat honderesies bo kerk verkies nie, maar manne en vroue van inbors en hogere ideale. Vir die Afrikaner-nasionalis is blanke armoede 'n probleem.

    Hulle het geseg: "Ons is nie so kommin nie. Ons is eintlik baie werd." En toe druk hulle dit uit deur die kapitalisme wat hulle in 1902 gehaat het te assimileer en middelklas fassades van welgesteldheid te bou. "Kyk net my mooi oorsese motor! Kyk my spoghuis! Og, die teepartytjies! Og, die pragtige tupperware!"

    Parow sny deur hierdie snert. Hy is wie hy is – en basta met die res.

    (Sien gerus http://sun025.sun.ac.za/portal/page/portal/Arts/D... )

    Reply

    Pagoda32 Reply:

    Ek is egter saam met Piet op die ene. Dit skop klassisme vierkantig in die knaters – definitief nie Afrikaner nasionalisme nie.

    Reply

    Johan Swarts Reply:

    Nasionalisme was pretty much maar klassisme.

    Reply

    demoerin Reply:

    Ek kan nie help om hieraan te dink nie. Het julle al die ou (ok stok-oue) Afrikaanse fliek, Nog ‘n Seder val in Waterkloof, of so iets gesien.
    Dit verduidelik presies wat Johan hier van praat.
    demoerin´s last blog ..Lewensreëls…. My ComLuv Profile

  2. Dominees gaan nie song like nie!

    "… jou meisie het foto van my * op haar space case…" – lekker *..woes! :lol:

    Reply

    freddy Reply:

    Hey, ek like die song! Ek gaan dit net nie in die kerk speel nie… It would be my last.

    Reply

    freddy Reply:

    Hey, ek like die song! Ek gaan dit net nie in die kerk speel nie… It would be my last.

    Reply

  3. Ja wel. Ek en Leon-Ben praat net nou die dag oor die song. Kyk, dis befok. Regtig dit is. En ek is ALLES behalwe 'n prude, maar daai kras woorde aan die einde se kant voel onnodig. Dit pas by Die Antwoord. Dit pas nie heeltemal by die song in nie. Miskien kyk ek verkeerd daarna? Miskien moet ek nou eenmaal maar aanvaar ek is subliem 'n Afrikaner Nasionalis? Ag fok nee, net nie dit nie!

    Reply

  4. Inderdaad. Die interessante vraag wat ek myself die heeltyd afvra terwyl ek dit luister, is of ek dieselfde sou voel indien 'n Engelse rapper dieselfde sou doen. Afrikaanse vloekwoorde slaan my ook 'n bietjie as krasser. Dalk omdat dit ons moedertaal is?

    Reply

    Stii Reply:

    In 'n mate, ja. As jy na Die Antwoord luister dan kan jy half die krasheid in hulle lirieke verstaan en aanvaar. Dit pas half in by die "storie" as jy verstaan wat ek bedoel. Die greep wat Emil aanhaal kan ek nog aanvaar. Dit pas in. Om net bloot te sê : "My naam is Jack Parow. p*es" is simpel. Dit wil vir my voorkom of hy nie weet waar daai woord moet in nie, maar hy moet êrens in!

    Reply

    Leon-Ben Reply:

    Dit was hoeka een van my argumente ook. As ek byvoorbeeld na Eminem luister, hoor ek kwalik die vloekwoorde. Maar hier meld dit hom aan, soos iemand wat wil bie by 'n veiling. That said, ek dink dis 'n great song.

  5. Ek dink dis deels omdat dit ons moedertaal is. Maar ook omdat niemand nog werklik so intens die grense in Afrikaans verskuif het nie; of ten minste nie in musiek nie. Literatuur het al lankal die alledaagse spreektaal omhein. Dit is kras, maar is dit méér so as byvoorbeeld Enimem?

    Reply

  6. Dit kan wel Afrikaner-preutsisme in die balle skop, maar hoekom sê jy dit skop Afrikaner-nasionalisme?

    Reply

  7. Afrikaner-nasionalisme was eintlik maar nog altyd Afrikaners wat van die laerklas elemente in die samelewing wou ontsnap. Vir die Afrikaner-nasionalis is Afrikaans nie 'n vrotterige patois nie, maar 'n verhewe, glansende werktuig. Vir die Afrikaner-nasionalis is Afrikaners nie arm, onopgevoede spoorwegwerkers wat honderesies bo kerk verkies nie, maar manne en vroue van inbors en hogere ideale. Vir die Afrikaner-nasionalis is blanke armoede 'n probleem.

    Hulle het geseg: "Ons is nie so kommin nie. Ons is eintlik baie werd." En toe druk hulle dit uit deur die kapitalisme wat hulle in 1902 gehaat het te assimileer en middelklas fassades van welgesteldheid te bou. "Kyk net my mooi oorsese motor! Kyk my spoghuis! Og, die teepartytjies! Og, die pragtige tupperware!"

    Parow sny deur hierdie snert. Hy is wie hy is – en basta met die res.

    (Sien gerus http://sun025.sun.ac.za/portal/page/portal/Arts/D...

    Reply

  8. Ek moet sê ek sukkel ook om die kastrering van Afrikaner Nasionalisme per se hierin raak te sien. Vir my is hierdie doodgewone opposisiekommentaar teen bestaande (en meestal konserwatiewe) konvensies – maar selfs meer nog, aannames oor sosiale status wat geensins eksklusief aan die Afrikaner toegedig kan word nie. Of dalk is my verstaan van Afrikaner Nasionalisme heel verkeerd?

    Reply

    Leon-Ben Reply:

    Ek is geneig om met jou saam te stem. Ek dink byvoorbeeld nie Parow het die Nasionaliste in sy kop gehad by die skryf van die liedjie nie. Nou ja, dit transendeer natuurlik dit, want mens interpreteer dit nes jy wil, maar for my money is dit eerder 'n middelvinger na ryk Afrikaanssprekendes wat dink hulle is beter as ander.

    Reply

    Johan Swarts Reply:

    Heeltemal korrek.

  9. orraait, ander aanslag.

    verbeel jou jy's 'n afrikaner-leier in 1910. talle in jou volk is arm en besig om te verstedelik na 'n geindustrialiseerde omgewing waar engelse kapitaal die septer swaai.

    wat sal jy dink as jy hierdie liedjie moes aanhoor (pas die verskillende handelsmerke aan as dit moet)?

    Reply

  10. van die os op die jas – ek is nie van mening dat parow hoegenaamd afrikaner-nasionalisme ingedagte het nie. dis sommer 'n terloopse opmerking na aanleiding van die navorsing wat ek die afgelope tyd gedoen het.

    Reply

  11. Ek sien ook nie die anti-Nasionalisme daarin nie. Dis een ou wat ander mense oordeel, en skuldig bevind, op grond van hul inkomste. Hy’t ‘n helse vervolgingswaan, en loods ‘n reuse pre-emptive strike teen almal wat hy dink hom oordeel. A la Lady Sovereign.

    Ons het almal seker al op ‘n kol sulke gedagtes indulge.

    Reply

    Johan Swarts Reply:

    lees gerus die vorige comment.

    Reply

    Johan Swarts Reply:

    lees gerus die vorige comment.

    Reply

  12. Ek vind al die kommentaar baie interessant :)

    Is julle seker julle weet wat Afrikaner-nasionalisme is?

    Reply

    Tinus Reply:

    Wel, klaarblyk dink ons ons weet, maar ons is verkeerd. Jy kan nie dalk vir ons in die regte rigting help nie?

    Reply

    Johan Swarts Reply:

    Sien gerus my vorige kommentaar.

    Reply

    Tinus Reply:

    Wel, klaarblyk dink ons ons weet, maar ons is verkeerd. Jy kan nie dalk vir ons in die regte rigting help nie?

    Reply

    Johan Swarts Reply:

    Sien gerus my vorige kommentaar.

    Reply

  13. Bliksem, maar julle kan 'n klomp kak praat as julle eers 'n lyn vat met iets, haha. Geniet net die song man. Ek het nog so paar clips gaan laai op Watkykjy. Die ander tunes is net so cool

    Reply

  14. haha, soms moet 'n mens kak praat en geniet ;)

    dit IS 'n cool song. en as 'n mens mooi luister, kom 'n mens agter jack is 'n intelligente man. hier't moeite in hierdie lirieke ingegaan – dis nie sommer net so geskryf nie.

    Reply

  15. uhm, johan het nog altyd gedink hy's cooler as almal.

    Reply

Leave a Reply

CommentLuv Enabled