Dis Sjina, bietsj
Nou die dag los iemand hierdie bom:
Urgh…asseblief, nee…spel dit tog net met ‘n “Ch”. “Sjina” klink tog so oud-modies. Spel dit tog net reg. Asseblief.
Hallooo, bietsj – in Afrikaans skryf ons “sjoe”, en nie “choe” nie, “sjokolade” en nie “chokolade” nie, “sjimpansee” en nie “chimpansee” nie. Daai goed in die swembad is “chloor”, nie “sjloor” nie, daar bestaan nie ‘n siekte soos “sjholera” nie en ons praat net van mense wat lief is vir Liewe Jesus as “Sjristene” wanneer ons dronk is. En wie op aarde gaan skrik as jy hulle waarsku teen giftige “sjemikalieë”?
Toegegee: ons skryf dikwels eerder “chirurg” as “sjirurg”, “chauvinis” as “sjauvinis” of “chiffon” as “sjiffon”. Dis egter nouliks rede om een helfte van ‘n baie aanvaarbare (en fonologies sinvoller) wisselvorm oudmodies te noem.
Dis Sjina, bietsj. Bou ‘n brug.
Hierdie laataand fonologiese gesanik met die komplimente van my Q9550 wat tans die finale onttrekkingswerk vir my tesis doen. Al daai HTML is gefilter tot ‘n skamele 400 MB (omtrent 36 miljoen woorde).


…sê haar, ou, sê haar!

duskant´s last blog ..freefallin’
Reply
Jy kan ook verwys na Doebaai as jy wil, maar die res van ons sal maar na Dubai verwys. En China. En Mexiko. Jy kan ook, soos die oud-modiese Die Burger, praat van sekerheid ipv sekuriteit. Ek, en ek vermoed meeste mense daarbuite, gaan egter nie.
Reply
As jy regtig wil kan ons ophou om alle Afrikaanse wisselvorme ouer as 20 jaar te gebruik. Hoe’s daai?
Reply
Ons kan seker maar, want ek vermoed it gaan iedergeval gebeur. Feit is, geen taal is staties nie. En, nes water, it takes the path of least resistance. Dis goed en sleg, inderdaad.
Vreemd genoeg verwys verwring ek soms Engels na Afrikaans, en dan skryf ek dit so: tjeers, sjit en so aan.
So eintlik is ek maar skynheilig.
Reply
Johan Swarts Reply:
October 15th, 2009 at 9:18 am
filistyn!
Reply
Johan Swarts Reply:
October 15th, 2009 at 9:18 am
filistyn!
Reply
het jy daai slasj voor die ' gesit of is dit intensedbate wat so bietjie vergeet het om dit te strip?
Reply
okay, het my eie vraag beantwoord
Reply
ja, dit suig nogal. ek het dit al oorweeg om disqus te probeer, maar dis soveel moeite…
Reply
ek't discus gebruik op 'n stadium en ek moet sê dat intensedebate lyk heel goed. discus was okayish. sal die 'n shot gee een of ander tyd
Reply
bwhahaha… Dis funny!
Reply
China en Sjina is albei aanvaarbare vorme.
Reply
prachtig!
ik zou willen dat wij hier in nederland al zo ver waren
er zijn in de jaren '70 pogingen ondernomen om de spelling te hervormen (k's in plaats van geleende c's en dergelijke)
er bestond toen een 'geaccepteerde spelling' naast de 'voorkeurspelling' (ekologisch naast ecologisch), maar om begrijpelijke redenen kwam al snel de roep om 1 duidelijk spellingssysteem
jammergenoeg heeft toen de voorkeurspelling gewonnen
zelf schrijf ik in informele communicatie al sinds jaren (ook al voor ik het afrikaans leerde kennen) woorden op -isch met -ies: fantasties, chemies, oud-modies
ik heb werkelijk geen idee waarom wij in het nederlands wél de dubbele klinkerpelling (groote -> grote) hebben laten gaan, waarom wij wél van de 'sch' af zijn (nederlandsch -> nederlands), maar waarom we nog steeds 'fantastisch' schrijven
ik denk dat het afrikaans, omdat de spellingsregels ervan nog relatief jong zijn, een grote voorsprong heeft in de race naar een modernere spelling
nederlands is nogal archaïsch, toch? neem nou zo'n woord als 'archaïsch' – kom op zeg…
Reply
“wii ahl qen liejukz to spiekz lajik dizz laijik nou prohblum manejar.”
Reply
In Boksburg word dit gespel met ‘Ch’, soos in:”Hey China! Wat tune jy die weekend?”
ketools´s last blog ..Werk gaan volstoom voort
Reply
Johan Swarts Reply:
October 19th, 2009 at 10:15 am
lol
Reply
Johan Swarts Reply:
October 19th, 2009 at 10:15 am
lol
Reply
Richard Dawkins los ‘n geirriteerde voetnota in sy nuutste boek waarin meen net soos in engels na Munich en nie na Mu”nchen verwys word nie, daar niks daarmee fout is om na Peking instede van Beijing en Bombaai eerder as Mumbaai te verwys nie…ek stem saam!
Reply
dit was nou foken sjnaaks
Reply