Persoon X in gesprek A:
Ek kan nie glo COSATU wil die myne nasionaliseer nie. Dis belaglik. Weet hulle nie kapitalisme is 'n beter ekonomiese sisteem as kommunisme nie? Kommunisme werk nie. Die geskiedenis bewys dit!
Persoon X in gesprek B:
Skroef Windows, dude – gebruik eerder Linux. Help eerder om die wêreld meer oop te maak; dra gemeenskaplik by tot die ontwikkeling van gratis produkte waaraan almal kan deel hê sonder om daarvoor te werk. Moenie jou geld vir Microsoft of Apple gee nie; hulle is korporatiewe uitbuiters.
Opensource is die pad na die toekoms!