My klikke verskil met my

odoplus

Ek is taamlik skepties oor bedryfstelsels wat via cloud computing in 'n webblaaier gebruik word (soos G.ho.st), maar ek moet bieg – in sommige gevalle kan dit dalk sin maak. Ek het my eie klikgebruike vir 67 dae, 4 ure en 54 minute op my hoofrekenaar se XP partition gemeet met 'n programmetjie genaamd Odoplus en ontdek dat ek die meeste van my Windows XP-tyd in webblaaiers spandeer (en dat ek dit boonop maximize op 'n 24″-monitor. Skandalig!) Behalwe vir 'n paar nuttelose statistieke (ek het 'n pointer oor meer as 50 kilometer rondgeskuif) dui die verspreiding van my klikke daarop dat ek Google Chrome met baie tabs gebruik (sien die “hitte”-verspreiding aan die bokant) en my muis se scroll wheel bo ingeboude scrollbars verkies. (Ook dui dit daarop dat die meeste webtuistes wat ek besoek het nie gesentreerde kolomme inspan nie. Eugh.)

Dit beteken natuurlik dat ek so te sê niks meer met Windows XP doen as om met mense te kommunikeer en inligting te assimileer nie. (Ek vervaardig multimedia met Windows 7; die enigste rede hoekom ek nog XP op het, is omdat ek te lui is om my ou e-posargiewe te skuif.) Dis nie 'n akkurate beeld van my totale rekenaargebruik nie, maar as daar mense daarbuite is wat sodanige gebruik het kan 'n cloud computing OS dalk vir hulle werk.

Dunno.

Ek dink nog steeds dis rubbish.

My klikke verskil met my.

This entry was posted in Tegnologie and tagged , , , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>