Persoon X in gesprek A:
Kyk, ek is nou net mooi siek en sat van die manier waarop Microsoft verskillende weergawes van Windows verkoop. Home, Basic, Professional, Enterprise…dis belaglik, man. Daar is GEEN logiese rede vir hulle om soveel weergawes te hê nie – hoekom maak hulle dit nie net een enkele kopie en verkoop dit aan almal nie? Hulle is fassiste, man!
Persoon X in gesprek B:
Weet jy, Linux is so 'n veelsydige bedryfstelsel – dit kan enigiets doen wat Windows en OSX kan doen en dan nog vele meer. En daar is soveel verskillende weergawes om van te kies – meer as 100 verpakkings! Dis nou wat ek opsies noem.