SOSIALE MEDIA SUX0RZ! WTF?!?! #FAIL!

vuvuzela_player

Treffende opskrif, eh?

Nie eintlik nie. Dit laat nie veel aan die verbeelding oor nie – dit skree op jou en daar is geen aanduiding dat die spreker belangstel in 'n alternatiewe standpunt nie. Dis nogal arrogant.

Dis die soort boodskap wat dikwels in sosiale media te vinde is.

Ek is soms stomgeslaan deur mense se onvermoë om empatie of geduld teenoor individue en maatskappye te openbaar. Wanneer iets foutgaan – al is dit die eenvoudigste ding op aarde – weergalm die magtige blogger/tweeter/facebooker se ontevredenheid deur die kuberruim soos 'n beginner blokfluitstudent wat 'n vuvuzela in die hand gestop is:

NEDBANK HET MY HUISLENING OPGEFOK! WADDEFOK?!!?

EK KAN NIE GLO CHECKERS HET JOGURT OP HUL RAKKE WAT BY DIE OMHULSELS UITPEUL NIE! WADDEFOK!!!?! EK KOOP NOOIT WEER BY CHECKERS NIE!! FOK HULLE!

OMW!?! CELL-C SE DIENS SUIG! BALLE! #FAIL! WTF?!?!

HOEKOM HET WINDOWS SOVEEL EDITIONS!?!? AL WAT NODIG IS, IS EEN! NET EEN!!! #DOUBLEWHAMMYSUPERCALIFRAGILISTICEXPIALIDOCIOUSFAIL!

I ARE T3H G0dZ!

In die sosiale medialandskap is almal skynbaar god, is elkeen die middelpunt van die heelal. Dis hier waar ons mense en idees afskiet bloot omdat hulle nie ons egos streel nie. Dikwels net omdat ons kan. (Ek is self skuldig hieraan.)

As 'n bank jou huislening opgemors het, bel hulle. Vind uit wat die fout was. As 'n kettingwinkel bederfde produkte op hul rakke het, onthou dat dit doodnormale mense is wat dit op die rakke pak en enigiemand iets kan laat val. As 'n maatskappy se diens suig, gaan jy dit nie beter maak deur daaroor te skree nie. As daar nie genoeg breinselle tussen jou harsings skuil om meer as een weergawe van 'n bedryfstelsel te kan hanteer nie, is dit seker nie die bedryfstelsel se skuld nie?

Om beswaar aan te teken, is almal se goeie reg. Soms help dit egter om 'n bietjie begrip te toon. Almal maak foute.

This entry was posted in Tegnologie and tagged , , , , , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>