Monthly Archives: November 2009

Sintaksisversie vir die week [Die Groep]

Jy moes nou die dag wéér daardie onbesonne advertensie op RSG vir die mobiele intekendiens aanhoor, né? Daardie een waar jy kan klets! en Bybelversies aflaai! teen R[(die prys van jou siel) * (die prys van jou huislening)^(die prys van jou mees onlangse bydrae in die kollektebordjie)]. Die korporatiewe plastiekspiritualiteit het jou kop onwillekeurig agter [...]

Posted in Taal | Tagged , , , , , , , | 4 Comments

Driehoek & Sirkel – Episode 1 (Ou Nuus)

Driehoek & Sirkel – Episode 1 (Ou Nuus)

Dames en here, vergun my om u voor te stel aan Driehoek en Sirkel, twee welsprekende partikel-erudiete met 'n vinger op die Afrikanerpols. Hulle is volkshelde en stut en hamer hul deeltjieroosters in H.264 om vir u 'n skimmespel te fabriseer, soos byvoorbeeld: Kyk, hulle bestaan nie, wees hul tog genadig. Die oorspronklike video is [...]

Posted in Film | Tagged , , , , | 13 Comments

Nag van die supermiere

Soms, as 'n mier op my arm beland, is dit asof 'n grootse verantwoordelikheid plotseling aan my toevertrou word. Gaan ek die mier vermoor of nie? Laat ek die mier lewe, is hy dalk deel van 'n groep miere wat deur natuurlike seleksie oor 'n paar miljoen jaar aan die bopunt van die voedselketting geplaas [...]

Posted in Sommer | Tagged , , , , , , , , | 6 Comments

Iranese seks

Ek het my eerste spam uit die Midde-Ooste gekry (of ten minste raakgesien – ek’s seker daar’t al duisende sonder my medewete in Akismet gesterf). En nes dit goeie spam betaam, gaan dit oor seks: Nuus *** Vandag het die Iraanse seks webwerf hierbo en sien in die skakel tussen die blog .. baie interessant [...]

Posted in Sommer | Tagged , , | 2 Comments

Kanker-Vigs

Sê nou dit was moontlik om die HI-virus geneties te manipuleer sodat dit net sekere selle (soos kankerselle) aanval?

Posted in Mymering | Tagged , , | 8 Comments