
Hierdie is doodeenvoudig net pragtig: Die deeltjies is met Trapcode Form gegenereer.
Treffende opskrif, eh? Nie eintlik nie. Dit laat nie veel aan die verbeelding oor nie – dit skree op jou en daar is geen aanduiding dat die spreker belangstel in 'n alternatiewe standpunt nie. Dis nogal arrogant. Dis die soort boodskap wat dikwels in sosiale media te vinde is. Ek is soms stomgeslaan deur mense se [...]
Goed, darem nie regtig nie. Dis 'n ideologiese debat en daarom in wese onoplosbaar. Daar is egter 'n ligpunt: my lava lamp verskyn vandag op Nuus24. Tjekkit uit.
Ek is taamlik skepties oor bedryfstelsels wat via cloud computing in 'n webblaaier gebruik word (soos G.ho.st), maar ek moet bieg – in sommige gevalle kan dit dalk sin maak. Ek het my eie klikgebruike vir 67 dae, 4 ure en 54 minute op my hoofrekenaar se XP partition gemeet met 'n programmetjie genaamd Odoplus [...]