Monthly Archives: December 2009

Voor dit stof word

Voor dit stof word

Alvorens 2009 die niet in sisser, wil ek u vir oulaas met 'n boodskap van danksegging laat. Dankie dat u gereeld kom lees wat van dag tot dag by my brein uitsypel. Dankie dat u kommentaar lewer, vir my kwaadraak, my aanprys, met my redeneer. Dit word opreg waardeer. Luister (en kyk) asseblief aandagtig na [...]

Posted in Mymering | Tagged , , , , , | 6 Comments

So long, and thanks for all the syntax

Afrikaans het onlangs 'n groot gees verloor: Suid-Afrika is vol vurige ondersteuners van Afrikaans. 'n Mens hoor gereeld hoe die taal se naam rondgegooi word as 'n soort magiese adjektief – as iets “Afrikaans” is, is dit om die een of ander rede sommer net beter++. Afrikaanse musiek deur Afrikaanse “kunstenaars”, 'n Afrikaanse vakbond, Afrikaanse [...]

Posted in Taal | Tagged , , , , , | 15 Comments

Die 7 gewoontes van 15 miljoen hoogs suksesvolle mense

Daar is 'n paradoks versteek in die reklame van selfhelpboeke soos die bekende The 7 Habits of Highly Effective People. Sodanige boeke het dikwels die uitgangspunt dat menslike gedrag beheer of in 'n rigting gestuur kan word deur 'n sekere hoeveelheid “geheime” beginsels op mense toe te pas. Die inhoud van hierdie beginsels tersyde, volg [...]

Posted in Media | Tagged , , , , | 10 Comments

Die regte datum

Geseënde 28ste Desember!

Posted in Sommer | Tagged , | 5 Comments

Sy word opgehemel omdat sy morsdood is

Die algemene konsensus oor Manto Tshabalala-Msimang se afgelope begrafnis en huldeblyke blyk te wees dat sy posthuum opgehemel word bloot omdat sy beroemd en ryk was. Daar word gemurmereer dat almal wat deelneem aan die geprys tweegesigte is, omdat hulle tydens haar lewe een ding gesê het en nou 'n ander deuntjie sing. Dit laat [...]

Posted in Sommer | Tagged , , | 16 Comments