Ek wou ‘n foto van ‘n onbekende persoon se lyk by ‘n vars ongelukstoneel neem

Ek het gister verby 'n ongelukstoneel gery.

‘n Motorfiets is omgery en iemand (vermoedelik die bestuurder) was dood. Hy of sy se lyk het onder 'n wit doek gelê. Orals was glas en omstaanders en verkeerskonstabels. Alles was naar.

My eerste reaksie was om 'n foto met my selfoon te neem sodat ek dit kan blog. Nie om 'n oordosis besoekers te kry of omdat ek 'n verantwoordelikheidsdrang as 'n soort burgerlike joernalis gevoel het nie. Ek wou 'n foto van 'n onbekende persoon se lyk by 'n vars ongelukstoneel neem, omdat…ek weet nie eintlik hoekom ek dit wou doen nie.

Ek wou net.

My selfoon se geheue was op. Eers was ek teleurgesteld hieroor, toe – kort daarna – was ek gebelgd. Met myself.

Ek wou iemand se lyk afneem asof dit my en my lesers se saak is, maar dit was nie my saak nie en dit is nie my lesers se saak nie. Dit is die motorfietsbestuurder en sy of haar familie se saak.

Is dit die citizien journalism waaroor almal so gaande is? Om die mees eksplisiete besonderhede oor die mees lukrake mense se leed aan die gesiglose massas te verkondig?

This entry was posted in Mymering and tagged , , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>