Manto vs. Kurt
Persoon X in gesprek A
Ek kan nie glo Manto moet alweer ‘n nuwe lewer kry nie. Dis sommer belaglik, man – ek weet sommer klaar sy gaan prioriteit kry bo al die arme VIGS-wesies en ou tannies en tieners wat ook lewers nodig het, maar nie soveel geld soos sy het nie. Moet sy nou wragtig ‘n nuwe lewer kry net omdat sy kwansuis belangrik en ryk is? Dis belaglik, man! Hierdie land gaan ten gronde!
Persoon X in gesprek B
Vinnig! Dek die tafel! Kurt DARREN is in die restaurant! Prop daai paartjie by die hoektafeltjie met die see-uitsig nader aan die agterkant en vee die tafel skoon! Dek die blink, nuwe eetgerei! Sit sommer ‘n nuwe tafeldoek ook op! Vinnig, hier kom hy! KOM, MOVE IT, JANNEMAN! MOVE! Hy gaan GROOT geld spandeer, hy’s ryk! Wees vriendelik! Onthou om te glimlag! DIS KURT FRIKKIN DARREN!


lol
Ek sou my kelners by die oop tafels laat sit het, sodat dit kon lyk asof ons “vol” is…. ‘n heel nuwe betekenis aan sprei uit! Nee hel, iemand mag hom dalk net daar raaksien, en assosiasies kan ook ‘n einde aan ‘n besigheid beteken… hehehehe
demoerin´s last blog ..Vrydagskool…. Menswees 101
Reply
Johan Swarts Reply:
December 13th, 2009 at 12:48 pm
lol, ek sal seker maak persoon X kry jou comment
Reply
Niemand gaan onnodig doodgaan omdat Kurt Darren voorkeurbehandeling in 'n restaurant gekry het nie.
Reply
demoerin Reply:
December 14th, 2009 at 6:28 am
Hulle kan wel bly wees dat ek nie die persoon is wat in die hoekie ingedruk word nie.
Reply
goeie punt.
Reply