Dis 4:12. Die Skatlam, wat vir 'n paar dae hier vertoef het, is sak en pak op pad Mosselbaai toe vir Kersfees en 'n welverdiende vakansie.
‘n Paar minute vantevore het ons haar Blou Golfie tjok-en-blok gelaai in die donkerte.
Toe 'n polisievoertuig op patrolliediens verby ons gery het, het dit dadelik stadiger gery toe die polisiemanne ons klein liggie in die groot donkerte raaksien. Nadat hulle gesien het ons is nie verdag nie, het hulle verder aanbeweeg.
Was ons kardiewe, het hulle ons sonder twyfel in die wiele gery.
Want hulle was net besig om hulle werk te doen.
Dankie, SAPD.
k nightz0rz