Ek hou van die NG Kerk, maar…
Wat is die teenoorgestelde van church bashing? Ek dink ek het dit gedoen:
Ek hou van die NG Kerk.
Wanneer hulle, anders as verskeie ander denominasies in Suid-Afrika, oor ‘n saak (soos saambly voor die huwelik) moet standpunt inneem, dink hulle ten minste daaroor na. Daar is ringsittings en sinodesittings en taakspanne en wie weet wat nog – en daar sit en debateer hulle, bekyk hulle die saak van alle kante, probeer hulle hulself herkalibreer in ‘n moderne samelewing.
Lees die res hier.


Ek het ‘n brein. Ek kan self redeneer. Ek kan self besluit. Ek weet van gevolge van daardie besluit.
Ek dink Sonkind het die ander dag gecomment. 90% van die mense is skape wat verkies om te volg, en dat daar ‘n skaapwagter is wat vir hulle besluit en hulle stuur. Die ander 10% wat self wil dink word te dikwels as die wolwe uitgekryt.
demoerin´s last blog ..Manto is dood….
Reply
Too true. Mense verwar dink te dikwels met wolwery.
Reply
Sies Johan, hoe kan jy die NGK so skaamteloos prys?
Dit is die 21ste eeu, is daar enige iemand wat 'n f*k omgee wat die NGK se standpunt oor enige iets is? Er … moet eerder nie antwoord nie.
"…jy kan hulle waansinnig noem …"
Hulle is waansinnig.
Reply
versigtig. net omdat hulle dinge glo wat jy nie glo nie, beteken dit nie hulle kan nie standpunte hê waarmee jy nie saamstem nie.
Reply
Absoluut ek stem saam … ek het nie ‘n probleem met mense wat Islam se Sharia wette of NGK se ultra konservatiewe radikalisme volg nie. Ek wens net ek het nie in a samelewing gebly waar ek daarin moet vaskyk elke keer as ek my kop draai nie. Al teenvoeter daarvoor soos ek dit sien is om meme te versprei wat mense aanmoedig om hul geloof privaat te hou.
Reply
demoerin Reply:
December 18th, 2009 at 9:09 am
demoerin´s last blog ..Vrydagskool…. Latyn101
Reply
kosjer is maar net 'n konstruk, en vir baie mense is die ng kerk die regte een om die konstruk te maak. ek dink nie hulle gaan die woord kosjer daarvoor gebruik nie, though.
Reply
goed gezegd man
hier kunnen wij weldenkende mensen natuurlijk alleen maar mee instemmen
anders behoren we algauw ook tot de schapen
echter: sinds wanneer bepaalt de kerk of iets kosjer is?
Reply
halal dan?
)
Reply
Of ander mense saambly voor die huwelik gaan niks aan MY saligheid verander nie, so ek stel regtig nie belang nie. Plaas dat hulle so vuurlik die kwessies van hongsnood en abuse en al daai ander social probleme aanspreek en uithelp.
Reply
Emil Reply:
December 18th, 2009 at 9:21 am
Presies
Reply
demoerin Reply:
December 18th, 2009 at 1:54 pm
Hulle konsentreer heel moontlik op die “sagter” kwessies… waar ‘n uitspraak verwag word, eerder as dade.
demoerin´s last blog ..Vrydagskool…. Latyn101
Reply
presies
Reply
God se wet, Šarīʿat Allāh, Torat Elōhīm, iTokolosh-Kill-The-Bull … daar is so 'n groot verskeidenheid, ons is bederf. En as daar nie 'n "weg" is wat jou pas nie, maak nog een, solank dit bonatuurlik van aard is, dit maak dit waar.
Reply
scienex Reply:
December 18th, 2009 at 10:21 am
als je er zelf een maakt, denk je in ieder geval ook zelf na toch…
Reply
Andrew Reply:
December 18th, 2009 at 11:11 am
Ek lees onlangs van 'n studie wat aandui dat soos 'n persoon se morele waardes verander met 'n veranderende samelewing, so verander die persoon se interpretasie van "heilige" skrif. Is dit die finale estocada vir die argument dat morele waardes verkry word vanuit die bybel? Ek twyfel. Gelowiges is waardige opponente en gooi nie sommer tou op nie … hulle is immers jesus se
zombiessoldaatjies.Reply
demoerin Reply:
December 18th, 2009 at 1:52 pm
Morele waardes het nie noodwendig iets met die Bybel te doen nie.
demoerin´s last blog ..Vrydagskool…. Latyn101
Andrew Reply:
December 18th, 2009 at 12:34 pm
Korrek, die bybel is 'n waardevolle historiese dokument wat vir ons insig gee oor die moraliteit van die tydperk.
Anyway, ek het in een oggend die helfde van die planeet en 80% van my landsgenote beledig. Ek gaan myself nou vriendelik verskoon en 'n ys koue bier in die tuin gaan drink. Dis 'n pragtige sonnige dag in die Kaap. Tjorts en Sluwe Onderwater Gutter Sex vir almal, of jou paatner nou 'n ander ras as jy is of dieselfde geslag as jy is, geniet dit en f*k die kerk.
Johan Swarts Reply:
December 18th, 2009 at 2:02 pm
geniet!
“Plaas dat hulle so vuurlik die kwessies van hongsnood en abuse en al daai ander social probleme aanspreek en uithelp”
Dit spreek van onkunde.
Wanneer jy volgende keer speelgoed of kos kinderhuis toe vat, vra hulle asb. om jou te sê waar kom hulle fondse vandaan en wie betaal salarisse.
Wanneer jy volgende keer in ‘n plakkerskamp aanmeld vir jou volunteerwerk, vind uit wie betaal die betrokke maatskaplike werker se salaris.
Wanneer jy weer iemand help inboek by ‘n meer bekostigbare sentrum vir verslaafdes, loer asb. ook gou na die lysie donateurs en volunteers.
Verder: As ek ‘n klient van ABSA is, het ek nie regtig ‘n saak met Standard Bank se rente en fooie nie. Behalwe as ek heimlik wonder of ek by die regte bank is.
Reply
Ag Werner… Ek doen meer as my deel vir liefdadigheid en ek is bewus van die fondse wat aan instansies gegee word. Om 'n stand in die publiek te neem oor saambly is verregaande…
Ek is nie 'n groot aanhanger van die drie susterkerke nie oor al die reels en moets en moenies… dis nie (NET) waaroor Christenskap gaan nie. So in plaas daarvan om 'n morele kwessie soos saambly aan te spreek, spreek bietjie die gemeenskap se aktiewe deelname in die samelewing aan… Dis nie net genoeg om jou tiende te gee nie. Dit is my punt.
Reply
Nie om in te chip by die gesprek nie, maar die punt wat ek juis wou maak is dat kerkgangers, nie noodwendig die kerk nie, geblameer moet word vir hulle eie vreemde keuses.
Then again, met stellings soos “almal is die kerk, want kerk is nie ‘n gebou nie”, raak dit ‘n bietjie moeilik…
Reply
Girl van die Suburbs Reply:
December 21st, 2009 at 12:56 pm
Ag daar stel jy dit nou so mooi… Straight to the point
Reply