Die algemene konsensus oor Manto Tshabalala-Msimang se afgelope begrafnis en huldeblyke blyk te wees dat sy posthuum opgehemel word bloot omdat sy beroemd en ryk was. Daar word gemurmereer dat almal wat deelneem aan die geprys tweegesigte is, omdat hulle tydens haar lewe een ding gesê het en nou 'n ander deuntjie sing.
Dit laat 'n mens wonder wanneer laas almal wat hieroor sanik by 'n begrafnis was. Enige begrafnis. Het iemand die oorledene toe op 'n kansel of voor 'n gat in die grond belaster? Was daar al ooit 'n begrafnis waar daar nié goeie woorde oor die lyk gespreek is nie?
Manto word nie opgehemel omdat sy ryk of bekend was nie. Sy word opgehemel omdat sy morsdood is.
Bou 'n brug.