Voor dit stof word

Alvorens 2009 die niet in sisser, wil ek u vir oulaas met 'n boodskap van danksegging laat.

Dankie dat u gereeld kom lees wat van dag tot dag by my brein uitsypel. Dankie dat u kommentaar lewer, vir my kwaadraak, my aanprys, met my redeneer. Dit word opreg waardeer.

Luister (en kyk) asseblief aandagtig na Van Coke Kartel se Voor ons stof word. Dit is my wens vir u in 2010: dat u elke oomblik ten volle sal waardeer, omdat u weet dat die sin van u bestaan gekoppel is aan die sinneloosheid van u dood.

Mag u nog lank nie stof word nie.

tjirs.

This entry was posted in Mymering and tagged , , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>