Monthly Archives: December 2009

Steve Balmer ruk mal

Steve Balmer ruk mal

Ek het nooit gedink ek gaan iets erger (en snaakser) as hierdie advertensie sien nie, maar wragtig:

Posted in Tegnologie | Tagged , , | 10 Comments

Ek hou van die NG Kerk, maar…

Wat is die teenoorgestelde van church bashing? Ek dink ek het dit gedoen: Ek hou van die NG Kerk. Wanneer hulle, anders as verskeie ander denominasies in Suid-Afrika, oor 'n saak (soos saambly voor die huwelik) moet standpunt inneem, dink hulle ten minste daaroor na. Daar is ringsittings en sinodesittings en taakspanne en wie weet [...]

Posted in Godsdiens | Tagged , , | 24 Comments

Dankie, SAPD

Dis 4:12. Die Skatlam, wat vir 'n paar dae hier vertoef het, is sak en pak op pad Mosselbaai toe vir Kersfees en 'n welverdiende vakansie. 'n Paar minute vantevore het ons haar Blou Golfie tjok-en-blok gelaai in die donkerte. Toe 'n polisievoertuig op patrolliediens verby ons gery het, het dit dadelik stadiger gery toe [...]

Posted in Sommer | Tagged , , , , , , , | 7 Comments

Driehoek & Sirkel – Episode Kersfees 2009 (Koop)

Driehoek & Sirkel – Episode Kersfees 2009 (Koop)

‘n Spesiale Kersboodskap van Driehoek en Sirkel! Sirkel wou nogal altyd die Gees van Kersfees wees. Of die Gees van Korporasie. Hy is self nie meer seker nie. Hoe dit ookal sy, hy’t uiteindelik die geleentheid gekry: Omdat Overstream se flash player probleme gegee het met die eerste episode, het ek die onderskrifte eerder aan [...]

Posted in Film | Tagged , , , , , , | 21 Comments

Cobus Potgieter regstreeks(tm)

Cobus Potgieter regstreeks(tm)

Dis amper moeilik om dit te glo, maar hierdie is die eerste keer ooit wat Cobus 'n regstreekse opname gemaak het. It came out pretty schweet – hy’t tot 'n dromstokkie in die lug laat dwarrel: Op 'n ander noot: in 'n rare toeloop van omstandighede het Frank Botha 'n onderhoud met my via e-pos [...]

Posted in Musiek | Tagged , , , | 12 Comments