Moet ons omgee?

Een van Die Burger se lamppaalopskrifte vir vandag lui:

Bok-held se dwelmskok

Wat my noop om te vra: wat de os is 'n bok-held?

Is dit die ou wat die meeste Capra aegagrus hircusse in seshonderd ses en sestig dae vir Baal kan offer?

Is dit iemand wat een duisend driehonderd sewe en dertig miljoen boerbokke in een dag kon afslag en genoeg vleis vir al die bergies in Suid-Afrika kon gee?

Is dit 'n vreemde tannie wat saans commedia dell’arte vir kranksinnige pluimvee in die dynsige maanlig opvoer?

En is hierdie opskrif direk uit die Huisgenoot gesteel?

This entry was posted in Media and tagged , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>