Hou op SMS. Jy betaal deur elke orifice wat jy nog ooit gehad het.

Al ooit uitgewerk hoeveel 'n SMS jou werklik kos?

Daar pas 'n maksimum van 160 karakters in een SMS, wat gelykstaande is aan 'n totaal van 140-160 bytes. (Normaalweg is 1 karakter = 8 bits = 1 byte, maar in sommige SMS-sisteme is 1 karakter slegs 7 bits groot, aangesien dit 'n beperkte aantal karakters bevat).

Een van die laer SMS tariewe in Suid-Afrika is Vodacom se 22.5 sent per SMS. Neem nou in gedagte dat 1 MB = 1024 KB = 1,048,576 bytes. Vir 1 MB van Vodacom SMS’e teen een van hul goedkoopste tariewe betaal jy dus 'n somtotaal van (1,048,576 / 160) * 22.5 = 147456 sent = R1474.56.

R1474.56 per MB.

Dis om en by 21 065 keer duurder as 1 GB van Telkom se afgryslike data, wat ongeveer 7 sent per MB kos. Om dit selfs nog meer grafies te maak: dit beteken jy betaal R2123.36 per 1.44 MB.

R2123.36 vir 'n frikkin stiffy.

WTFt3hAIDZ?!

This entry was posted in Tegnologie and tagged , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>