Monthly Archives: January 2010

Van miere en kallers wat blink

Onthou jy hierdie storie? Daar was eendag 'n sprinkaan en 'n mier. Die sprinkaan was lui, die mier fluks. Een somer, terwyl die sprinkaan leeggelê het, het die mier baie blare versamel – veel meer as wat hy of die sprinkaan op een slag sou kon opeet. Die sprinkaan het hom uitgelag. “Wat hol jy [...]

Posted in Godsdiens | Tagged , , , , , , , , , | 5 Comments

Interkaap en die straathoekmegafoon

Verlede week, tydens 'n busrit na Mosselbaai (onderweg na Die Gevreesde Heuwel Buite Mosselbaai), het ek 'n ietwat ongewone klomp ervarings gehad. Nadat die meeste voorstedelike pendelaars opgelaai is en die bus (Interkaap) op die N2 geklim het, is 'n DVD oor die voertuig se televisiestel gespeel. Dit het alle insittendes verwelkom en 'n paar [...]

Posted in Godsdiens | Tagged , , , , , , | 11 Comments

Die dag wat Kurt Darren onbenullig is

Baie mense wonder, tereg, hoe transformasie “gemeet” moet word. Hoe weet ons regstellende aksie “werk”? Wanneer sal ons amptelik kan sê dat die maatreëls wat ingestel is om die ongelykhede van die verlede uit te wis, suksesvol was? Ek wil myself verstout en sê dat die antwoord eenvoudiger is as wat baie mense dink. Dit [...]

Posted in Politiek | Tagged , , , , | 9 Comments

LinkWorth, Repairmycreditnow en kommersiële hoerslettery

Aah, die wonder van kommersiële hoerslettery. (Is dit nie 'n mooi woord nie? Ek het dit nounet gemunt.) 'n Paar maande gelede het ek by LinkWorth, 'n aanlyn-advertensiemaatskappy, aangesluit. Ek het nie eintlik 'n goeie rede gehad nie en ek kan ook nie lekker onthou wat ek besig was om te doen nie. (Bes moontlik [...]

Posted in Sommer | Tagged , , | 13 Comments