Snare van die Suburbs (‘n 3 piece band van die Bellville/Durbanville-omgewing) het onlangs drie snitte by Jo Ellis in Ladismith gaan opneem. Die musiek is 'n welkome vars briesie tussen bands wat skynbaar net nie uit die Fokofpolisiekar-groef kan ontsnap nie. (Ons weet nou almal is kwaad vir die kerk, daar was toe nooit enige van daai Platoniese paais innie skaais nie en die skinny jeans sny die bloedtoevoer na jou brein af – sing nou oor iets anders, toe?)
Een van die snitte wat my kop nogal laat hop is Pollsmoor RSA:
Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.
Wat dink julle?