Wat skort met ‘n kruk?
In gesprekke waar ateïste en Christene mekaar die stryd aansê, hoor ‘n mens dikwels die beskuldiging dat godsdiens ‘n kruk is. Die funksie van hierdie kruk, word aangevoer, is om bystand te bied aan diegene wat nie behoorlik op hul eie intellektuele voete kan staan of braaf genoeg is om die wêreld se pyn en lyding op eie houtjie te trotseer nie.
Taal word nie sommer net gebruik nie. Agter elke uiting, hoe sinloos dit mag voorkom, is normaalweg ‘n bedoeling. Die uitlating oor godsdiens as ‘n kruk word meestal as ‘n belediging bedoel – dit word as ‘n aantyging gefraseer, eerder as ‘n blote neutrale waarneming.
Wat dikwels egter nie duidelik is nie, is hoekom ‘n kruk ‘n aantyging werd is.
Anders as die verwysing na, byvoorbeeld, iemand as ‘n verkragter, is die verwysing na die gebruik van ‘n kruk nie iets wat inherent “sleg” voorkom nie – ‘n kruk is immers ‘n toestel wat iemand in pyn of gestremdheid bystaan en die kwaliteit van die persoon se lewe verbeter. Niemand gebruik ‘n kruk omdat dit hul lewe slegter maak nie.
Die enigste motivering vir die negatiewe aanwending waaraan ek kan dink, is ‘n soort bitsige paternalisme.
Aldus.
“Moenie ‘n lafaard wees nie, boetman.”
“Hou op huil, boetman.”
“Wees ‘n man, boetman.”
“Gooi weg jou kruk, boetman.”
“Harden the fuck up, boetman.”
Ek kan werklik nie aan ‘n ander rede dink hoekom ‘n kruk iets negatief is nie, behalwe vir bogenoemde sentiment. En “manning up” was natuurlik nog nooit ‘n goeie argument vir enigiets nie.
Wat is fout met ‘n kruk? Kan die antwoord op hierdie vraag binne die konteks van ‘n godsdienstige gesprek ooit verskaf word sonder om eintlik maar net te sê: “My ongelooflike kolos van ‘n retoriese geslagsorgaan is groter as joune”?


Almal het een of ander tyd ‘n kruk nodig. Sommige drink ‘n glasie wyn, ander ‘n Hunters Dry of twee, of trek selfs ‘n teug van ‘n sigaret. Hoekom kan gosdiens nie ‘n kruk wees nie?
Reply
Ek sou gedink het die kruk is meer ondersteunend in iets, as plaasvervangend vir iets wat jy nie self is nie.
demoerin´s last blog ..Elixir of Youth….
Reply
de vergelijking van religie met een kruk wordt denk ik als een belediging ervaren, omdat het zou kunnen suggereren dat gelovigen zonder die kruk niet sterk of slim genoeg zijn om het leven aan te kunnen – wat vervolgens impliceert dat ongelovigen een stuk sterker in slimmer in het leven staan
ik kan me goed voorstellen dat dat beledigend overkomt, als je het zo wil interpreteren
)
Reply
Persoonlik is ek okay met mense wat ‘n fabel gebruik as 'n kruk. God is immers 'n projeksie van ‘n persoon se pa, iemand wat belangstel en liefde onvoorwaardelik gee … wel volgens Freud in elk geval. Maar wat my tickle is gays wat gelowig is, dit kon ek nog nooit uitfigure nie.
Reply
scienex Reply:
February 11th, 2010 at 4:48 pm
Reply
scienex Reply:
February 11th, 2010 at 4:48 pm
Reply