Hoekom Zuma se State of the Nation-toespraak die moeite werd was

Gister na werk het ek vinnig gaan petrol ingooi by 'n garage net buite Paradyskloof. Op pad om vir die brandstof by 'n kaartleser te betaal, moes ek en die petroljoggie 'n rukkie wag vir een van die beamptes agter die dik glasvenster.

Terwyl ons wag, noem ek toe vir die ou: “Its nearly 7 ‘o clock, hey?”

Waarop hy misverstaan en antwoord: “…no, its more like…eh..5:30?”

“No,” probeer ek weer – “it’s almost time for the president’s state of the nation address!”

Terwyl ons praat, sluit twee ander joggies by ons voor die venster aan.

“Which president?” skerts een. Ons lag. “Do you now another one?” skerts ek terug – en net daar begin ons grappies maak oor Julius Malema (in sommige kringe heet hy kwansuis ook mos “president”), Irvin Khoza en ons regte president se promiskue gewoontes.

Vir my was die State of the Nation die moeite werd. Die probleme wat Suid-Afrika in die gesig staar, gaan dalk nie vreeslik daardeur geaffekteer word nie, maar net omdat oom Jakob daardie einste toespraak gelewer het, kon ek grappies oor hom met drie mede Suid-Afrikaners maak en die lewe vir 'n paar sekondes 'n bietjie ligter ervaar.

Op 'n vreemde manier is dit vir my genoeg.

This entry was posted in Politiek and tagged , , , , . Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>